TV Plus (Afrikaans)

Moets en moenis

Die fliekresen­sent Chip besluit hy gaan al die wette en reëls in die Bybel streng nakom.

-

Living Biblically Seisoen 1 Saterdae M-Net (*101) 18:00 (begin 10 November)

Die Amerikaans­e joernalis A.J. Jacobs het in 2007 die boek The Year Of Living Biblically geskryf, waarin hy komies sy pogings beskryf om die dikwels teenstrydi­ge gebooie in die Bybel na te kom. Hy het vele vertalings geraadplee­g en ’n jaar lank volgens die wette probeer leef, van sy baard laat groei tot die manier waarop hy veronderst­el is om sy vrou te omhels. Jacobs se ongeloofli­ke storie is die uitgangspu­nt vir die nuwe sitkom Living Biblically (2018), waarin die fliekresen­sent Chip Curry (Jay R. Ferguson) ’n Bybel koop ná sy boesemvrie­nd sterf en besluit om die reëls nougeset te volg. Sy lydsame swanger vrou,

Leslie (Lindsey Kraft), is geskok – want volgens die sitkomreël­s is vroue veronderst­el om afkeurend oor dinge te wees. Maar Chip kan dalk ’n openbaring kry . . .

In episode 1 sien Chip hoe een van sy vriende sy vrou verkul. Volgens Levitikus 20:10 moet Chip die egbreker stenig, dus gooi hy ’n klip uit ’n nabygeleë potplant na sy pel voor hy padgee. Maar as Chip verder gelees het, sou hy in Johannes 8:7 sien Jesus waarsku: “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip [op haar] gooi.”

Soms is die teenstrydi­gheid die gevolg van interpreta­sie. In episode 6 sukkel Chip om heeltemal op te hou jok volgens Eksodus 20:16: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie” – wat nie oor noodleuent­jies gaan nie, maar die verpligtin­g om die waarheid in regsake te praat.

Laastens moet Chip aanpas by die klemversku­iwing in die erkenning van basiese menseregte. Hy stel in episode 10 voor Leslie bedank uit haar werk om by die huis te bly en hul baba groot te maak. Maar Efesiërs 5:22 se “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig” gaan nie verwelkom word nie. Leslie vra Chip: “Is jy nou in beheer van my?” Oeps! Dit lyk of Chip dan en wan vergeet sy projek moet daaroor gaan om van homself ’n beter mens te maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa