TV Plus (Afrikaans)

Taken

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Clive Standen speel die hoofrol as die ruwe CIA-agent Bryan Mills in Taken (20172018), maar Monique Curnen met stamp-, skraap- en krapmerke as Becca Vlasik staan nie terug vir hom nie. “Dis snaaks, want ek was ’n regte meisietjie toe ek klein was,” sê sy. “Maar in byna al my rolle was ek ’n polisievro­u op wie mense geskiet en my probeer doodmaak het.”

Die 48-jarige het begin toneelspee­l vanweë wedywering met haar ouer broer. “Hy was in die skoolband. Ek het hom op die verhoog sien optree en ek wou beter wees. Ek dink ek’s meer suksesvol, dus dink ek ek het die geveg gewen,” sê sy en knipoog. Haar ouers is albei onderwyser­s, maar hul agtergrond is aan teenoorges­telde kante van die wêreld. Haar ma, Zorina, is van Puerto Rico, en haar New York-pa, Robert, het Ierse, Duitse en Joodse bloed. Monique haat gewere, maar sy is nogal goed met vuurwapens. “Dis deel van die werk. Ek weet hoe om dit te gebruik.Ek het so baie opleiding gehad danksy my polisievro­urolle, maar ek’s nie ’n fan van sulke gevaarlike goed nie,” sê Monique. Sy verkies om nie die episodes te kyk voor dit uitgesaai word nie, want sy wil fans regstreeks twiet. Sy sê sy loop op stel rond met haar vingers in die ore wanneer mense oor bederfbrok­kies begin praat. Voor sy ’n oudisie afgelê het, het sy die flieks waarop die reeks gegrond is met

Liam Neeson (2008-2012) gekyk. “Ek’s mal oor hoe koud hy was as Bryan. Ek het Becca op hom geskoei!”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa