TV Plus (Afrikaans)

Begin vandag

-

Splitting Up Together

Seisoen 1 M-Net (*101) 19:30 Komedie Waaroor gaan dit? ’n Paartjie wat wil skei, sit die vonk terug in hul huwelik met hul interessan­te reëling. Episode 1 Martin en Lena kan as geskeide ouers nie afsonderli­ke huise bekostig nie. • Lees meer op bl. 38.

Magnum, P.I.

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:00 Aksie Waaroor gaan dit? ’n Afgetrede Navy SEAL werk as ’n privaat ondersoeke­r in Hawaii in die nuwe weergawe van die 1988-aksiereeks met Tom Selleck. Episode 1 Thomas Magnum bevind hom in die middel van ’n persoonlik­e gemors wanneer een van sy SEALvriend­e vermoor word. • Lees meer op bl. 34.

House Of Cards

Seisoen 6 M-Net (*101) 22:00 Drama

Toe ons laas gekyk het: Frank het erkenning gekry omdat hy Claire die president gemaak het, Doug het bedank, en LeAnn is in die pad gesteek.

Episode 1 Frank is dood, en pres. Claire werk daaraan om haar nuwe personeel se respek te verkry en moet terselfder­tyd mense verdra wat nog nie gereed is vir ’n vrou as president nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa