TV Plus (Afrikaans)

Manifest

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:00 Sci-fi

Manifest (2018) is ’n sci-fi-misterie met ’n hart. “Dis Lost (2004-2010) gekruis met This Is Us (2016-nou). Dit het dus die misterie, maar daar is ook egte, emosionele drama oor ’n gesin wat uitmekaarg­eskeur is,” sê Josh Dallas. Hy speel die wiskundige Ben Stone, ’n passasier op ’n vlug van Jamaika na New York. Hy verloor nie net sy bagasie wanneer dit ná die landing op die aanloopbaa­n ontplof nie, maar vyf en ’n halfjaar van sy lewe wat dit tydens die vlug oorgeslaan het! En nou hoor hy stemme in sy kop. Toe verfilming aan die reeks begin, het selfs nie Josh geweet wat regtig aangaan nie. “Ek wou nie weet wat die misterie was nie, want ek wou dit saam met Ben en die kykers uitvind soos ons aangaan,” sê Josh.

Supermagte, geheime verbinteni­sse, tydspronge en meer is geen misterie vir die 39-jarige Josh nie, wat fans as die Towerprins/David Nolan in Once Upon A Time (2011-2018) ken. En praat van sprokiesto­werkuns – hy het sy vrou en persoonlik­e prinses, Ginnifer Goodwin (Sneeuwitji­e), op die Once Upon A Time-stel ontmoet. Hulle is in 2014 getroud en het saam twee seuns, Oliver Finlay Dallas (gebore in 2014), en Hugo Wilson Dallas (2016). Josh is in Kentucky, VSA, gebore, maar het sy akteursloo­pbaan in Londen begin ná hy op 16 ’n beurs gewen het om aan die Mountview Konservato­rium vir die Uitvoerend­e Kunste te studeer. Ná hy graad gevang het, het hy 11 jaar lank by die Royal Shakespear­e- geselskap, die Engelse Nasionale Opera en meer opgetree. Vyf dae ná sy terugkeer na Hollywood het Josh die rol van Fandral in Thor (2011) gekry, en sê: “Wat ’n heerlike verwelkomi­ngsgeskenk!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa