TV Plus (Afrikaans)

Hollywood, Hier Kom Ek!

-

Seisoen 1 VIA (*147) 17:00 Realiteit

Riaan Grobler (37), TV-aanbieder, radioomroe­per, vervaardig­er, sanger en akteur, het in September verlede jaar ’n groot besluit geneem. “Ek het gevoel dis tyd dat ek iets op my eie doen,” vertel Riaan, en daarom het hy bedank as vervaardig­er en aanbieder by die oggendprog­ram Die GROOT Ontbyt (weekdae op kykNET om 06:00). In Oktober 2017 het hy en ’n vriend, Wian Smith, hul vervaardig­ingsmaatsk­appy, The Media Zoo, gestig. Hulle het die TV-reeks Hollywood, Hier Kom Ek! (2018-nou), wat op VIA uitgesaai word, vervaardig en hy en Wian bied dit aan. In die reeks volg hulle die SuidAfrika­anse en Namibiese spanne wat in Julie aan die Wêreldkamp­ioenskap vir Uitvoerend­e Kunste in Los Angeles deelgeneem het. Riaan sê hy en Wian gaan nog verskeie programme na die kassie bring.

Watter hoogtepunt in Hollywood, Hier Kom Ek! staan vir jou uit? Beslis die 11-jarige Pretoriane­r Stèfan Bezuidenho­ut wat gesing het. Hy is as die junior grootkampi­oen (in episode 6, 4 Desember) gekroon. Stèfan is ook genader deur mense wat betrokke is by Justin Bieber se loopbaan en ons het dit alles op kamera vasgevang.

Wat beplan julle nog? Volgende jaar beoog ek om my sewende album uit te reik, en dan is ek en Wian hard aan die werk aan nuwe programme wat ons wil vervaardig.

 ??  ?? Wian (inlas) en Riaan besoek Hollywood in die nuwe reeks.
Wian (inlas) en Riaan besoek Hollywood in die nuwe reeks.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa