TV Plus (Afrikaans)

Burn Notice

-

Seisoen 1 Weekdae e.tv (*194) 09:30 Aksie

’n “Burn notice” is slegte nuus vir ’n geheime agent. Dis ’n boodskap wat sy agentskap aan die intelligen­siegemeens­kap stuur om hulle te waarsku die spioen het onbetrouba­ar geword. Dis die ekwivalent van die ontslagbri­ef: Bates word bevries en jou werkgeskie­denis word uitgewis – moet dus nie ’n maatskappy­verwysing verwag nie. En dis rampspoedi­g vir agent Michael Westen (Jeffrey Donovan), wat weer in sy tuisstad Miami beland en gedwing word om as ’n ongelisens­ieerde privaat speurder te werk terwyl hy met sy grootste saak besig is – om te probeer vasstel wie hom “verbrand” het in die sewe seisoen lange aksiekomed­iereeks Burn Notice (2007-2013).

MICHAEL SE SPAN

Michael het steeds sy indrukwekk­ende spioenvaar­dighede om op terug te val, insluitend vindingryk­heid, vegkuns en behendighe­id met wapens, asook ’n verkleurma­nnetjiever­moë om aksente en identiteit­e aan te neem. Maar dis ’n taai wêreld en Michael het ’n vriend of twee nodig. Al is hy persona non grata in die spioenwêre­ld, kry Michael ’n nuwe span bymekaar, wat insluit: Sy gevatte witkopma Madeline 1 Westen (Sharon Gless, Cagney in Cagney & Lacey, 1982-1988), wat feitlik sy ondersoekb­esigheid bestuur. Sy glansryke eksmeisie Fiona 2 Glenanne (Gabrielle Anwar), ’n oud-IRL-agent wat wapens en plofstof hanteer – fisiek en emosioneel. Hulle het vir ’n goeie rede uitgemaak, maar soms ontgaan dit hulle. En sy ou pel Sam Axe (Bruce 3 Campbell), ’n semi-afgetrede FBIinforma­nt wat altyd “iemand ken wat iemand ken” wat Michael kan help.

 ??  ?? Michael (middel) en sy onortodoks­e span (van links): Madeline, Sam en Fiona.
Michael (middel) en sy onortodoks­e span (van links): Madeline, Sam en Fiona.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa