TV Plus (Afrikaans)

The Big Bang Theory

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 18:30 Komedie

Sara Gilbert het ’n loopbaan gebou met haar sarkasties­e karakters, en Leslie Winkle in die komedieree­ks The Big Bang Theory (2007-nou) is een van haar gunsteling­e. “Ek het al komedie gedoen [as Darlene in Roseanne, 1988-nou] en drama [as die mediese student Jane in ER, 1994-2009], en selfs animasie [as haarself in The Simpsons, 1989-nou]. Maar Leslie is die meeste soos ek. ’n Bleeksiel, sarkasties en dinge moet op ons manier gedoen word,” sê Sara.

Om liefies te raak met Leonard 1 in Big Bang was maklik – Sara en Johnny Galecki het ’n jong paartjie in Roseanne gespeel en Sara onthul: “As ek nie lesbies was nie, sou hy my ou wees. Ek was mal oor hom. Hy’s die rede dat ek gay is – toe ek hom soen het ek besef: ‘Dit voel nie reg nie.’” Dit was vir Sara ’n lewensvera­n2 derende ondervindi­ng om een van die aanbieders van die geselsprog­ram The Talk (2010-nou) te wees: “Ek het tuis by myself gesit en dink as ons verwag ons gaste moet eerlik met ons wees, moet ek ook eerlik wees en bekendmaak ek is gay. En dit was dit.” Hoewel sy vanaf 13 jaar nie vleis 3 eet nie, beskou Sara haarself as ’n omgewingsb­ewuste eerder as ’n veganis. Sy is oor die omgewing as ’n geheel besorg, nie net dierewreed­heid in die voedselbed­ryf nie, sê die aktrise. Sara se vrees vir beserings het 4 veroorsaak dat sy as kind nie aan sport deelgeneem het nie, maar sy doen joga by haar huis in Los Angeles. Sy het drie kinders – ’n seun, Levi 5 (14), en dogter, Sawyer (11), saam met haar eksvrou Allison Adler, en ’n driejarige seun, Rhodes Emilio, saam met haar musikantvr­ou Linda Perry, met wie sy in 2014 getroud is.

 ??  ?? Sara Gilbert en Johnny Galecki was al paartjies in twee reekse.
Sara Gilbert en Johnny Galecki was al paartjies in twee reekse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa