TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Die einde is in sig in NCIS: Los Angeles (2009-nou) vir die groentjie-agent Dominic Vial en vir Adam Jamal Craig, die akteur wat hom vertolk. Vanaand se episode begin met ’n kinkel oor drie episodes wat eindig met Dom wat ontvoer en gemartel word, en Adam was verras: “Ek het hoop vir die karakter gehad. Ek vermoed die vervaardig­ers het nie gehou van waarheen dit op pad was nie en hom laat gaan. Ek het die storielyn geniet, dit was ’n uitdaging vir die karakter, maar ekself was hartseer.”

Om sy werk te verloor het die 1 37-jarige laat besef toneelspee­l is nie wat hy wil doen nie. Hy’t die vermaakbed­ryf ná vyf onafhankli­ke flieks gegroet en bestuur nou die IT-konsultasi­emaatskapp­y HyperHerd Inc. in LA. Dit was nie oëverblind­ery toe sy 2 karakter met tegnologie doenig was nie: Adam is al van 12 ’n rekenaarfo­endie en is blykbaar van die internetdi­ensverskaf­fer AOL se gebruikers­lys verwyder vir onwettige kuberkrake­ry. Adam het sy graad in mediakom3 munikasie aan die Webster-universite­it in Missouri verwerf, maar begin toneelspee­l toe hy nie werk kon kry nie. “Dit was taai. ’n Vriend het voorgestel ek probeer ’n akteur word en aan die begin het dit soos pret gevoel.” Hoewel hy erken hy’s nie goed in 4 sport nie – behalwe vir tennis – is Adam gek oor bofbal. Sy oom is die bofballege­nde Bob Gibson, wat Adam na die kleedkamer­s geneem het sodat hy handtekeni­nge kon kry. Adam het in 2016 laas iets op 5 Twitter geplaas, maar sy ander sosialemed­ia-rekenings soos Instagram is aktief, met video’s en foto’s van tegno-kongresse tot sy ander liefdes – musiek en dans.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa