TV Plus (Afrikaans)

The Walking Dead

-

Seisoen 9 FOX (*125) 20:45 Sci-fi

Wat zombies betref neem die sci-fi-program The Walking Dead (2010-nou) die voortou met grillerige, gevaarlike ondooies. En hoewel die reeks al by seisoen 9 trek, sê die nuwe uitvoerend­e vervaardig­er Angela Kang “daar kom nog baie meer. Wat ons tot dusver met The Walkers en die groepe oorlewende­s gesien het, is niks vergeleke met dit wat wag nie.”

Hoe bewus is julle daarvan dat die epiese reeks sy einde nader? Ons weet dit, maar dink nie heeltyd daaraan nie. Ons gaan nie doelbewus vir mekaar sê nie: “Sjoe, ons het dalk net een seisoen oor.” Maar terselfder­tyd word mense ouer, dus sien ons dit daagliks en dit bly in ons agterkop. Judith (Chloe Garcia-Frizzi) is in die reeks gebore, hoe ver is ons dus nou met die

apokalipti­ese gebeure? Dis iets wat ons daaraan herinner hoe ver die storie al gevorder het. Judith is waarskynli­k sowat vyf jaar oud in die nuwe seisoen, wat beteken Rick (Andrew Lincoln) en die ander oorleef al sowat vyf, ses jaar in die wêreld van gruwels en zombies. Van Rick gepraat, wat was die reaksie toe Andrew vir die span sê dis tyd vir hom om te gaan? Die akteur wou terugkeer na sy gesin in Engeland. Hy is ’n wonderlike leier, nes sy karakter Rick. Sy vertrek moes besonders wees, en ek dink met Andrew se insette het ons sy reis gepas laat eindig.

En hoe het The Walkers verander? Hulle is nou al behoorlik verrot. Ons laat hulle ouer word met elke seisoen, dus lyk hulle erger en meer stukke vleis bly afval. Ons spesiale- effektespa­n verrig wondere. Dis afskuwelik maar uitstekend!

 ??  ?? Rick se vertrek is ’n keerpunt vir Michonne (Danai Gurira) en sy dogter Judith.
Rick se vertrek is ’n keerpunt vir Michonne (Danai Gurira) en sy dogter Judith.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa