TV Plus (Afrikaans)

G’n snor? G’n probleem!

Magnum, P.I. se nuwe weergawe is meer spoggerig met nuwe Ferrari’s, ’n nuwe span en ’n nuwe Thomas Magnum.

-

Magnum, P.I. Seisoen 1 Woensdae M-Net (*101) 20:00 (begin 7 November)

Die nuwe weergawe van Magnum, P.I. (2018-nou) het dieselfde storielyn en temalied as die oorspronkl­ike reeks met Tom Selleck (1980-1988) wat op Maandae om 12:00 op SABC3 heruitgesa­ai word. En die ou rooi Ferrari is ook terug, al het die landgoedei­enaar, wat ons nooit sien nie, Robin Masters, ook ’n motorhuis vol blink, nuwer weergawes. Maar daar is twee merkbare verskille: die hoofspeler, Jay Hernandez, het nie die snor wat Tom beroemd gemaak het nie, en Magnum se onwillige bestie Higgins, die safaripakd­raende John Hillerman, is nou die sedige, jogamal Perdita Weeks. “Nie almal kan reg laat geskied aan gesighare nie,” sê Jay oor eersgenoem­de. “Ons ignoreer Thomas nie net omdat hy nie ’n snor het nie en neem afskeid daarvan om te erken dis ons weergawe, maar ons respekteer die oorspronkl­ike.” Wat Jonathan Higgins, wat die Mastersher­ehuis in Hawaii oppas, betref was ’n geslagsomr­uiling na Juliet maklik, sê Perdita: “Hulle is albei Brits, kom van ’n militêre agtergrond en hulle is albei beheersugt­ig. ’n Moontlike aantrekkin­gskrag maak dit interessan­ter.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa