TV Plus (Afrikaans)

Sangers kyk terug

Musiekmake­rs deel hul pad van rose en dorings na roem.

-

Klein Begin Seisoen 1 Maandae SABC2 (*192) 19:30

Sukses kom nie maklik vir enige sanger nie – dit verg gewoonlik jare se deursettin­gsvermoë. Kitsroem waar sangers in realiteits­reekse soos The Voice SA (2016 & 2017) oornag bekend word, is dun gesaai. Maar hoe lyk die pad wat die meeste musiekmake­rs moet stap?

Die sanger Ruan Josh – die sangeres Juanita du Plessis se seun – gaan in die SABC2-reeks Klein Begin terug op die voetspore van sterre soos Kurt Darren en Elvis Blue. Kurt is bekend vir liedjies soos Meisie Meisie in 2002, en Elvis Blue het onder meer die treffer The Things My Father Said in 2010 gesing, en Ruan hoor by hulle hoe en waar alles begin het (in onderskeid­elik ep. 5, 3 Desember, en ep. 8, 24 Desember). Klein Begin gaan egter nie net oor musiek, staaltjies en kosbare terugkyk- oomblikke nie – elke musiekmake­r wys ook sy of haar slag voor die kospotte.

VOLG JOU DROME

Klein Begin is anders as ander musiekreek­se, sê Simoné Ross, die uitvoerend­e vervaardig­er. “Ons volg elke kunstenaar se loopbaan van toeka tot nou, maar gesels ook met rolspelers wat ’n waardevoll­e bydrae gelewer het om die persoon se loopbaan te help bou. Ons poog om met elkeen se musiekpad Suid-Afrikaners te inspireer om hul drome na te jaag.”

Buiten musiek is kos iets wat mense saambind, en daarom bevat die program ’n kos-element. “Ons bring tyd in die kombuis deur waar die sanger of sy of haar wederhelf kos maak. Party van die kunstenaar­s nooi daarna van hul geliefdes of die persone wat hulle in hul loopbaan ondersteun het, om saam te kom aansit,” vertel Simoné.

Sy voeg by dit was glad nie ’n maklike proses om 13 sangers uit die groot aantal sterre in die musiekbedr­yf te kies nie. “Ons doel was om ’n kombinasie te kry van gevestigde­s, soos Kurt Darren, tot ’n paar van die jonger geslag, soos Snotkop (ep. 4, 26 November).”

Kykers sal ook ou en nuwe video’s van die kunstenaar, wat alles deel uitmaak van sy of haar loopbaan, te siene kry.

KOMIESE OOMBLIKKE

Vir Ruan Josh (28) is Klein Begin sy vuurdoop as aanbieder voor die kameras. “Hy het ’n natuurlike aanslag en word nie deur die kameras geïntimide­er nie,” vertel Simoné. “As aanbieder vind hy maklik aanklank by die kunste- naars se musiekreis­e en hy is ’n goeie luisteraar.”

Daar duik ’n paar komiese oomblikke op, verklap sy. In episode 3 (19 November) gesels Sorina, oftewel die Flooze, so lekker, die spoeg spat letterlik en Sorina probeer dit dan van Ruan Josh se gesig afvee. “Ruan Josh het gelag en saamgespee­l sodat die kykers in die oomblik kon deel.”

LEER BY PIETER KOEN

Aanbieding is ’n groot uitdaging vir hom. “Ek moes probeer om die beste uit elke kunstenaar te kry en hulle gemaklik voor die kameras laat voel – en daarvoor moes ek my eie selfvertro­ue ’n hupstoot gee,” sê die sanger-sakeman, wat in 2017 sy eerste album, Eggo, uitgereik het.

Om aan sy aanbieding­stegniek te skaaf het Ruan Josh na You Tube-video’s van aanbieders soos

Pieter Koen van Jukeboxen Kwêla-faam (1999-nou) en Tracey Lange (Bravo!, 2012-nou) gekyk.

Hy en sy suster, Franja, wat bekend is vir haar 2016-liedjie My Verhaal, tree gereeld saam op. Hy beskou die program nie as ’n manier om sy loopbaan ’n hupstoot te gee nie. “Ek hou van reis en om nuwe kennis in te win. Dit was vir my die ideale geleenthei­d om dit te kombineer,” sê Ruan Josh.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa