TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

Van my bokstert-dae is ek al verlief op Deon Coetzee. Ek was mal oor hom in Egoli en in sy ander rolle. En veral nou in Spoorloos. Net so tussen hakies, ek hoop werklik die SABC saai later die reeks uit sodat almal dit kan sien. Dit is vars, boeiend en al het dit vir my blinde kolle, is die geheel uitstekend. Terug by Deon. Sy drank-demoon en aantygings dat hy gewelddadi­g was, is alombekend. Dit was fantasties om te lees hoe hy sy lewe omgekeer het. Dat hy aan sportkompe­tisies deelneem en die Camino gaan stap het. Sy lewenslust­igheid en vasbeslote­nheid om die beste van sy lewe te maak, is aanvoelbaa­r. En hoe waar is dit nie – dat ons van onsself moet hou voordat ons liefde van ander kan verwag. Sterkte, Deon, op jou nuwe pad. Mag die rolle instroom en mag jy altyd lig en hoop ervaar!

Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146, of e-pos dit na tvplus@media24.com of SMS dit na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa