TV Plus (Afrikaans)

GAME OF THRONES

-

Die voorvolg-splinterre­eks van die epiese fantasie Game Of Thrones (2011nou) het nog nie ’n amptelike titel nie, maar werk is al volstoom aan die gang – die produksie het vir Naomi Watts ’n hoofrol gegee. Die 50-jarige Brit se lippe is geseël oor watter karakter sy gaan speel, maar sy het onthul sy binge-kyk Game Of Thrones, want “ek kom laat hierby [die reeks] uit, maar dis hoe dit is met baie dinge in my lewe. Ek bestudeer dit en dis baie opwindend!” ’n Fan-teorie beweer Naomi gaan ’n charismati­ese sosiale vlinder speel wat bande het met die White Walkers duisende jare voor GOT.

 ??  ?? Naomi Watts gaan terug in tyd vir die Game Of Thrones-voorvolgre­eks.
Naomi Watts gaan terug in tyd vir die Game Of Thrones-voorvolgre­eks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa