TV Plus (Afrikaans)

DOLLFACE

-

Terwyl stroomdien­ste steeds toeneem het Kat Dennings (Max in die komedie 2 Broke Girls, 2011-2017) aangesluit by hope kykers wat tradisione­le TV vir die op-aanvraagdi­ens verruil. Sy het ’n 10 episode lange bestelling van die VSA-stroomreus Hulu gekry vir haar reeks Dollface, wat handel oor ’n jong vrou wat met verbeeldin­gsvlugte te doen kry wanneer sy ou vriendskap­pe probeer hervat ná haar beheersugt­ige, jare lange kêrel haar gelos het. Die aktrise sê sy skryf ook en is die uitvoerend­e vervaardig­er van die reeks wat sy en Hulu hoop middel 2019 beskikbaar sal wees.

 ??  ?? Kat Dennings het ’n nuwe reeks by die stroomdien­s Hulu.
Kat Dennings het ’n nuwe reeks by die stroomdien­s Hulu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa