TV Plus (Afrikaans)

Heather Tom

Wat gaan in jou gunsteling­akteur se kop aan?

-

As dit by drama kom, het Heather Tom als gesien sedert sy in 2007 as Katie by Bold & Beautiful (1987-nou, sien bl. 24) aangesluit het, veral van mans. Sy was met die groot slegte wolf Bill (Don Diamont) getroud en nou slaap sy by haar eks-stiefseun Wyatt (Darin Brooks). Katie het ook kêrels geruil met haar suster Brooke (Katherine Kelly Lang), wat Bill en Ridge (Thorsten Kaye) soos T-hemde uitgeruil het. Heather se regte lewe is baie minder gekomplise­erd: sy is sedert 2011 met die vervaardig­er van filmmusiek James Achor getroud en neem dikwels haar sesjarige seun, Zane, saam werk toe, waar hy al ’n paar keer Katie se seun Will gespeel het.

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met jou vriende gespeel het?

Ek het nie TV-programme gedramatis­eer nie, ek het in TV-programme gespeel! My eerste werk was ook waar ek my eerste soen op die skerm gehad het. Ek was 12 in Who’s The Boss? (1984-1992) met Tony Danza en moes Judith Light se seun Jonathan (Danny Pintauro) soen. My karakter se naam was Heather en ek het my bra opgestop om die rol te kry, want ek het toe nog nie boobs gehad nie.

Wie was jou eerste TV-liefling?

Patrick Duffy as Bobby Ewing in Dallas (1978-1991). Dit was die een TV-program wat ons toegelaat was om te kyk. En toe het Patrick in 2007 by Bold as my pa Stephen aangesluit.

Wat het jy gedoen wanneer daar ’n ‘‘intieme’’ oomblik was terwyl julle as gesin TV gekyk het?

My ma was ’n groot fan van Dallas en Falcon Crest (1981-1990). Vrydagaand­e het ons om die TV saamgekom. Die enigste ‘‘intieme’’ oomblikke op daardie programme was katgevegte of soenery – heel mak. Daardie programme was vir my goeie voorbereid­ing vir Bold en Young & Restless (1973-nou; Heather het Victoria Newman van 1990 tot 2003 gespeel).

Watter produk het jy al in ’n TV-advertensi­e of -program gesien wat jy graag wil hê?

Ek het landwyd persoonlik­e optredes gedoen toe ek in Young & Restless gespeel het. Wanneer ek teruggekom het in my hotelkamer het ek TV gekyk en hulle het bande van musiekver- samelings verkoop, soos Best Of The ’80s of All The Bands Of 1984. Ek het van daardie kasette gekoop en dit was al wat ek nog as gevolg van TV-advertensi­es bestel het.

Wie se TV-klerekas sou jy graag wou hê?

Sarah Jessica Parker in die drama-komedie Sex And The City (1998-2004). Veral die skoene. Die klerekas-beplanner Patricia Field het Manolo Blahnik ’n huishoudel­ike naam help maak.

In wie se TV-huis sou jy graag wou bly?

Die Forrester-herehuis in Bold! Dit is gegrond op die programbas­e se huise. Shameless (2011-nou) en The Handmaid’s Tale (2017-nou). Hulle is ’n bietjie donker maar uiters boeiend.

Oor watter reeks is jy tans fanaties? Watter werk sou jy agter die skerms wou doen?

Ek het die afgelope drie jaar as ’n regisseur by Bold gewerk en ek is pas tot CBS se Regisseurs­program toegelaat. Dit is ’n diversitei­tgegronde program vir vroue en minderhede en net vier mense is vanjaar gekeur. Ek het ook twee kort films geregissee­r wat te sien is by HeatherTom­Director.com – Serenity en Big Foot’s Love Slave.

Wat is een van jou gunsteling-storiekink­els in ’n reeks?

In Bold toe Bill in Abu Dhabi vir Ridge uit die helikopter gestamp het, en Brooke hom op ’n strand gekry het waar hy in wit linne ronddwaal.

Wat is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel verfilm?

Om by die werk te kom en te besef ek het die vorige aand die verkeerde reëls geleer.

Met al die huidige nuwe weergawes, van watter reeks sou jy ’n nuwe weergawe wou maak?

Ek sou die regie van die nuwe Charmed (1998-2006 en nou) wou behartig.

As jy enige karakter in ’n reeks kon speel, wie sou dit wees?

Sarah Jessica Parker se karakter Carrie Bradshaw in Sex And The City vir haar klerekas.

Watter program binge-kyk jy tans?

Die dokkie Mindhunter (2017-nou), gegrond op John E. Douglas wat onderhoude met reeksmoord­enaars gevoer en ’n boek geskryf het. Dit was sy idee om profiele van moordenaar­s saam te stel sodat die FBI hulle makliker kan opspoor.

En as jy een ding van Katie kon verander?

Voorheen sou ek gesê het Katie moet meer pret hê, maar nou het sy danksy Wyatt baie tyd daarvoor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa