TV Plus (Afrikaans)

Koninklike pyne

The Royals is hul eie en grootste vyande terwyl hulle kibbel en twis vir ’n kans om die blink kroon te dra.

-

Troonopvol­ging in die Britse monargie word bepaal deur twee faktore: bloedlyn en geslag. En die vasberade jongelinge se gedrag is nou te sien in die prettige dramareeks The Royals (2015-2018, seisoene 1, 2 en 3 kan van die inhoudvers­kaffer Showmax aanlyn gestroom word). Terwyl die fiktiewe Britse koninklike tweeling prins Liam en prinses Eleanor ( William Moseley en Alexandra Park) hul regmatige deel van partytjie hou en wilde gedrag geniet, het hul ouer broer Robert (Max Brown) die verantwoor­delikheid om ewewigtig te bly as die eerste troonopvol­ger. Maar wat is nou lekker daaraan, vra die spelers. “Robert sterf in seisoen 1 in ’n misterieus­e vliegongel­uk en hul ma, Helena (die voormalige supermodel Elizabeth Hurley), moet besluit wie die volgende troonopvol­ger is,” verduideli­k William.

Soos met enige patriargal­e gemeenskap is daar nie eintlik mededingin­g nie en “Liam is outomaties ‘die gekose een’. Hy, ’n koninklike rockster, het skielik ’n dagboek vol verpligtin­ge. Dis moeilik vir hom om sy hele lewe te verander en sy persoonlik­heid opnuut te deurdink; hy kan hom nie draai nie of hy moet gepas optree by ’n geleenthei­d,” voeg die akteur by. Van Liam word vereis dat hy hom regruk en in die openbare oog positiewe eienskappe uitstraal, wat beteken hy moet sy voorliefde vir drank, dwelms en – die belangriks­te vir hom – sy Amerikaans­e meisie Ophelia (Merritt Patterson) los. Dit dien as bewys dat om die koning van Engeland te wees, baie verveliger is as wat die meeste mense besef.

LEEF SOOS ’N KONING

Om ’n Britse koninklike te wees beteken die land se behoeftes kom eerste. Maar al sou Liam graag van sy nuwe rol afstand wou doen om by Ophelia te wees, gehoorsaam hy sy ouers se eise. “Prins Liam is ’n normale ou en sy reaksie is ook doodgewoon,” onthul William. Liam is, in teenstelli­ng met Robert, nie volmaak nie. Hy is koppig en sou ’n bietjie vryheid wou hê. “Ek wou hê hy moes ’n prins

Harry- gevoel hê, want hy’s waarskynli­k wat ’n normale persoon sou wees as hy ’n koninklike was,” voeg William by. Maar net wanneer Liam vrede maak om ’n koning te wees in episode 7, kondig die koninginmo­eder Helena aan sy het ’n geheime affair agter haar man, Simon (Vincent Regan), se rug gehad – en die koninklike tweeling is ná alles nie koninklik nie. “Die kasteelbew­oners is geskok wanneer hulle in aller yl moet uitpluis wie volgende in die ry is. Dit raak vuil en chaoties met almal wat magshonger is,” sê William.

SOEK ’N DOEL

Almal behalwe Eleanor veg teen seisoen 2 vir mag. Hulle wil ’n sitplek hê aan die tafel van die siek, abdikerend­e koning Simon, maar agter die skerms is dit ’n ander storie vir die prinses. “Eleanor wil iets vir iemand beteken,” sê Alexandra. “Sy wil uitvind wie haar broer Robert vermoor het. Sy’s byna twintig en soek ’n doel.” Eleanor rebelleer teen die monargie: “Dis omdat sy nie weet hoe om dinge uit te pluis nie. Sy sukkel om haar pad te vind te midde van haar familie wat teen mekaar konkel en die troon probeer oorneem. Sy wil net ’n jong vrou wees wat pret hê!” • Al is die familie fiktief, is sommige storielyne gegrond op gerugte van die Britse monargie, soos dat prins Harry nie ’n koninklike is nie.

 ??  ?? Die koninklike tweeling Liam en Eleanor (derde en vierde van links) is vasgevang in ’n koninklike gemors.
Die koninklike tweeling Liam en Eleanor (derde en vierde van links) is vasgevang in ’n koninklike gemors.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa