TV Plus (Afrikaans)

Kyk wie’s terug!

Zelda bring ’n bietjie komiese verligting ná die Laandrama.

-

‘‘Sussa! Ek kom jou red,’’ – het Mariaan (Deirdre Wolhuter) se suster Zelda (Amor Vittone) gedink toe sy van die Haven-kultusgroe­p se gyselaardr­ama in Hillside hoor. Sy het op Donderdag 15 November in die Laan opgedaag, maar die spanning is toe al ontlont. En niks keer haar nou om die kollig te steel met haar goeie nuus nie: Sy gaan trou en Mariaan moet die henneparty reël.

PARTYTJIET­YD

“Mariaan ken haar suster goed,” sê Deirdre. “Zelda was werklik bekommerd oor Mariaan en haar gesin, maar noudat alles weer honky-dory is, skroom sy nie om al die aandag op haar te vestig nie.”

Amor vertel Zelda is aan haar nuutste tangerige kêrel verloof. “Sy spog ook by Mariaan oor haar besluit om ’n jong meisie, Mienkie (Marijke Bezuidenho­ut) wat in haar salon werk en saamgekom het na Hillside, aan te neem.”

Mariaan is bly vir Zelda, maar sy kan nie help om aan haar eie gebroke gesinsitua­sie te dink nie. “Die grootste seer is haar huwelik met Chris (David Rees) wat verbrokkel het (einde Oktober),” sê Deirdre. “Die pyn is diep omdat hy sy tweede gesin jare lank vir Mariaan weggesteek het en hulle bo haar en die kinders gekies het. Maar Mariaan dwing haarself om te fokus op die henneparty wat sy moet reël. En sy wil dinge eerder ordelik hou as die wilde party met ’n ontkleedan­ser wat Zelda wil hê.”

MIENKIE EN RICKUS KAFOEFEL

Zelda groet op Vrydag 16 November en bedank haar sussa vir ’n suksesvoll­e henneparty, maar Mienkie is nog nie klaar met Hillside nie. Mienkie en Mariaan se seun Rickus (André Lotter) het tydens die henneparty afgehaak en die twee kyk diep in mekaar se oë – tot Mariaan en Zelda se skok. “Kommin Mienkie is definitief nie die vrou wat Mariaan vir haar seun wil hê nie,” sê Deirdre. Maar dalk is Mienkie net die regte medisyne vir Rickus wat op Vrydag 23 November besluit om van al sy probleme van die verlede te vergeet en aan te beweeg met die lewe, dalk selfs sonder Mienkie.

JALOERSE MARIAAN

Zelda se kuiertjie was goed vir Mariaan se gemoed, maar dinge loop weer skeef op Woensdag 28 November wanneer Rickus meer tyd saam met sy ouma Hilda (Annelisa Weiland) begin bestee, wat Mariaan jaloers maak. “Sy voel hulle steek iets vir haar weg,” sê Deirdre. En soos ons Mariaan ken gaan sy krap tot sy uitvind wat aangaan.

VERLEDE KEER

Francois het Hilda gevra om met hom te trou, Esti het vir haar lewe gevrees, en Xander was oorgehaal om sy verhouding met Lesedi te red.

21 – 23 NOVEMBER

Hilda oorweeg dit om uit die Welman-huis te trek en ’n ander blyplek te kry ná al die drama wat die afgelope tyd afgespeel het. Connie neem ’n belangrike besluit oor haar toekoms, noudat sy met haar gesigbeser­ing moet saamleef. Vanessa is oorgehaal om haar vrese te oorkom ná die gyselaardr­ama met die Haven-groep. Aggie is bekommerd oor haar vriendin, Alexa deel kommerwekk­ende nuus met Justin, en Rickus besluit om te vergeet van die verlede en aan te beweeg.

26 – 30 NOVEMBER

Nozi praat haar mond verby, André en Xander se vriendskap word getoets, en Alexa gaan uit saam met die man in haar lewe. Fikani stamp koppe met ’n moeilike pasiënt, Matrone plaas dinge waarmee André worstel vir hom in perspektie­f, en Mariaan is jaloers op Hilda se goeie verhouding met Rickus. Diederik probeer sy probleme vermy, en Marko is in ’n moeilike situasie. Die liefde blom weer in Hillside, Jacob se gewete hou hom uit die slaap, en Charmaine probeer agter die kap van die byl kom.

3 – 4 DESEMBER

Olivia begin stadig maar seker aanbeweeg met haar lewe, Connie is op die oorlogspad, en Mariaan vang in ’n oomblik van waansin iets skokkends aan. Rickus is bly sy suster Alexa het iemand spesiaal in haar lewe gevind.

 ??  ?? Mariaan (inlas) beny Zelda haar kitsfamili­e.
Mariaan (inlas) beny Zelda haar kitsfamili­e.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa