TV Plus (Afrikaans)

DIE MAAK VAN DIE WOND

-

Nicola Roodt, hoof van die grimeerafd­eling by 7de Laan, het ’n prostese vir Quinne gebou wat presies soos ’n gesigbeser­ing lyk. Quinne sê Nicola het haar baie gemaklik laat voel tydens die 30 tot 40 minute wat dit geduur het om die prostese op Quinne se linkerwang te bou. “Wat my ook verbaas het is die reaksie van die produksies­pan en my medekolleg­as wat my met die prostese gesien het tydens verfilming. Hulle was stomgeslaa­n oor hoe eg dit lyk,” sê Quinne.

Nicola vertel sy het twee produkte gebruik om die prostese te bou. “50% silikon en 50% mediese gom genaamd Prosaid.”

Dit kon egter net een keer gemaak word om dit eg te laat lyk, wat beteken het al die tonele waarin Connie beseer is moes op een slag verfilm word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa