Ver­doem­de lief­de

S­te­ve en Ela­na is ver­lief, maar kry die wind van voor.

TV Plus (Afrikaans) - - BINNELANDERS -

Dr. S­te­ve A­bra­hams (C­lint B­rink) kan sy wa­re ge­voe­lens vir sy kol­le­ga dr. Ela­na Be­ster (Il­ne Nie­na­ber) nie lan­ger weg­steek nie. “Se­dert S­te­ve en Ela­na in Ju­lie saam in die oor­log­ge­teis­ter­de Kon­go ge­werk het, het daar ’n sterk band tus­sen hul­le ont­wik­kel. Hy het ook ’n an­der sy van haar leer ken – hy het ge­sien sy het ’n goeie hart en sal vir haar pa­si­ën­te deur vuur loop,” ver­tel C­lint.

Die nuus van hul ver­hou­ding lê teen Don­der­dag 22 No­vem­ber die Bin­ne­land-kli­niek vol en die paar­tjie kry teen­kan­ting van hul vrien­de en fa­mi­lie. An­ne­li­ze (Cin­dy S­wa­ne­poel), S­te­ve se voor­ma­li­ge min­na­res, is groen van ja­loe­sie.

JALOERSE EKSMINNARES

An­ne­li­ze in­si­nu­eer op Don­der­dag 22 No­vem­ber aan Ela­na sy is bloot ’n plaas­ver­van­ger vir

Bron­wyn (Kim Cloe­te), S­te­ve se eks­vrou. “Dit maak Ela­na seer en woe­dend,” sê Il­ne. “Maar dit plant ook ’n saad­jie van ag­ter­dog in haar hart, ver­al wan­neer S­te­ve vir Bron­wyn kon­tak en vra of sy saam met hom aan ’n paar pro­jek­te sal werk.”

Om sa­ke nog in­ge­wik­kel­der te maak, is Ela­na en Bron­wyn goeie vrien­din­ne. “Ela­na is baie lo­jaal en voel on­ge­mak­lik om­dat sy op haar vrien­din se eks­man ver­lief is,” sê Il­ne.

Maar S­te­ve ver­se­ker Ela­na van sy op­reg­te lief­de – en om dit te staaf, soen hy haar die vol­gen­de dag, Vry­dag 23 No­vem­ber, in sy spreek­ka­mer. “Ela­na be­gin ont­span wan­neer S­te­ve haar van sy ge­voe­lens ver­se­ker,” ver­tel Il­ne. In die stil­lig­heid hoop sy hul ver­hou­ding sal al die teen­kan­ting oor­leef, want sy is lank­al ver­lief op die aan­trek­li­ke dok­ter. “Ek dink Ela­na het al in die Kon­go haar hart op S­te­ve ver­loor toe hy haar in die bos­se ge­red het, maar sy wou dit nie aan haar­self of an­der er­ken nie,” sê die ak­tri­se.

ONTHUTSTE SWAER

Maar din­ge word nie mak­li­ker vir S­te­ve en Ela­na nie. S­te­ve se eks­swa­er Dan­ny Jan­tjies (Brad­ley O­li­vier) voel S­te­ve het Bron­wyn ’n on­eer aan­ge­doen en hou nie van die nu­we ver­hou­ding nie. “Dan­ny kon­fron­teer S­te­ve op Woens­dag 28 No­vem­ber in sy spreek­ka­mer en sê S­te­ve sou nie so suk­ses­vol ge­wees het as dit nie vir die Jan­tjie­se (sy skoon­fa­mi­lie) of Bron­wyn was nie. Sy het S­te­ve ge- help om sy kon­tak­te op te bou en haar pa, Tim (Les­ley Fong), het hom fi­nan­si­eel ge­help om sy plas­tie­se­chi­rur­gie­prak­tyk op die been te bring,” ver­tel C­lint. “Dan­ny het nooit oog­ha­re vir S­te­ve ge­had nie, ver­al nie na­dat S­te­ve Bron­wyn twee keer met An­ne­li­ze ver­kul het nie,” voeg Brad­ley by.

S­te­ve be­sluit om die vol­gen­de dag vir Bron­wyn te sien en oop kaar­te met haar te speel oor sy nu­we ver­hou­ding. “S­te­ve sal al­tyd vir Bron­wyn om­gee, sy is im­mers die ma van sy kind. Maar hy weet hul­le sal nooit weer ver­soen raak nie om­dat hy haar so seer­ge­maak het,” ver­tel C­lint.

Ela­na slaak ’n sug van ver­lig­ting wan­neer S­te­ve haar la­ter ver­tel Bron­wyn weet nou van hul lief­de, al is Bron­wyn self ge­skok oor die nuus.

BEKOMMERDE BROER

Tog ver­vaag die ver­lig­ting gou. Ela­na se broer, Con­rad (Hy­kie Berg), hoor op Maan­dag 3 De­sem­ber van die S­te­ve lief­de en ook hy is daar­teen ge­kant. “Con­rad is be­sker­mend teen­oor Ela­na en om­dat hy weet S­te­ve het ’n sleg­te re­pu­ta­sie as rok­jag­ter, is hy bang sy sus­ter gaan seer­kry,” ver­tel C­lint.

Maar Ela­na be­sluit om haar nie aan al die negatiewe me­nings te steur nie – ver­al om­dat sy glo dis wa­re lief­de en nie bloot ’n flir­ta­sie nie. “Ela­na is mal oor S­te­ve en wil graag ’n toe­koms saam met hom bou. Maar sy het nog nooit ’n erns­ti­ge ver­hou­ding ge­had nie en wil dit eers sta­dig neem,” sê Il­ne.

Maar die groot vraag is of S­te­ve nou sy stre­ke gaan laat staan. “Ek dink S­te­ve het baie be­rou oor die fou­te wat hy in die ver­le­de ge­maak het en wil ’n nu­we blaad­jie om­slaan,” sê C­lint. En wie weet, dalk is Ela­na net die vrou om hom op die smal paad­jie te hou.

S­te­ve en Ela­na praat oor hul ge­voe­lens vir me­kaar.

Con­rad wil sy sus­ter Ela­na be­skerm.

An­ne­li­ze en Dan­ny keur nie S­te­ve se nu­we ver­hou­ding goed nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.