TV Plus (Afrikaans)

Die vredemaker is terug

Kallie probeer die Kosters herenig.

-

Dr. At Koster (Hans Strydom) se aangenome broer Kallie (Tobie Cronjé) wil die Kosters almal om een tafel kry sodat hulle openhartig met mekaar kan gesels. “Niemand praat juis soggens aan die etenstafel met mekaar nie en wanneer At en sy seun

Conrad (Hykie Berg) wel met mekaar praat, is hulle meesal haaks,” vertel Tobie.

Kallie was bly om sy familie weer te sien toe hy op Woensdag 14 November ná ses jaar op ’n passasiers­kip by die Kosterhuis opgedaag het om te kom kuier, maar hulle het hom nie juis met ope arms verwelkom nie. “Kallie voel soos ’n vreemdelin­g. Niemand gee eintlik aandag aan hom nie, want elkeen het sy eie probleme,” vertel Tobie. At is nog besig met die patogeenkr­isis en At se neef Quinton (Ramey Short) jaag Kallie uit die afsonderin­gsaal wanneer hy vir At se siek kleindogte­r Nina (Le-Anche van den Berg) wil groet. Conrad is kortaf met Kallie omdat hy nie tyd het vir kuier nie. “Kallie probeer vriendelik wees met Louis (Germandt Geldenhuys), At se halfbroer, maar hulle is eintlik vreemdelin­ge vir mekaar.”

Kallie hoor At en sy stiefma Mercia (Susan Coetzer) is ná al die jare steeds kwaaivrien­de en glo ’n Koster-reünie is al wat sal help.

TYD VIR VERSOENING

Wanneer Kallie At op Dinsdag 27 November oor Mercia konfrontee­r, weier At om daaroor te praat. “Kallie probeer net goed doen, maar hy werk op almal se senuwees omdat hy ou wonde oopkrap,” verduideli­k Tobie. Kallie besef hy gaan nie die saak tussen At en Mercia beredder nie en verskuif op Woensdag 28 November sy fokus na Conrad. “Kallie dink Conrad moet nou oor Pippa (Nadia Valvekens) kom en meen die mooi verpleegst­ertjie

Lika (Lea Vivier) is net die vrou vir hom.”

Dalk kry Kallie dit tog reg om uiteindeli­k tot iemand deur te dring.

 ??  ?? Kallie keer met die beste bedoelings terug.
Kallie keer met die beste bedoelings terug.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa