TV Plus (Afrikaans)

Ekstreme optrede

Die eko-terroris Nina raak gewelddadi­g en radikaal.

-

Nina (Charlene le Roux), ’n ekstreme eko-terroris, is besig om haar houvas op haar nuutste student Wade (Dean John Smith) op Woensdag 21 November te verloor. Tot dusver kon sy hom oortuig die vandalisme vroeër die maand by Oos-Wes en die Aalwynapte­ek was geregverdi­g, maar Wade begin stadig sy band met sy broer Ty (Maurice Paige) herstel – en dit kan Nina nie toelaat nie, want Ty sal Wade deur haar optrede laat sien. Boonop het Nina Wade se hulp nodig met haar plan om Suidooster-Eiendomme te vernietig en niemand gaan in haar pad staan om die inwoners van Ruiterbosc­h te leer om beter na die omgewing te kyk nie.

’N GEMASKERDE VANDALIS

“Wade eet alles wat Nina vir hom sê vir soetkoek op,” sê Dean. Wanneer sy hom dus op Donderdag 22 November aanraai om eerder van Ty af weg te bly en haar te help om by Suidooster­Eiendomme in te breek, doen hy dit met graagte. Nina glo iemand moet Suidooster-Eiendomme ’n les leer omdat hulle ’n ontwikkeli­ngsprojek wil begin wat ’n vleiland bedreig.

Wade gaps die kantoorsle­utels later die dag by Lee-Ann (Portia Joel), wat daar werk, en son- der haar medewete sluip hy na-ure gemasker by die kantore in. “Hy saai chaos sodat dit lyk of ’n orkaan die plek getref het,” vertel Dean.

’N GOEIE DOEL?

Die volgende dag, op Donderdag 23 November, is Lee-Ann verbysterd oor die toestand waarin die kantoor is toe sy daar instap. Sy bel dadelik haar swaer en besigheids­vennoot Ian (Abduraghma­an Adams) om te kom help.

Dit duur nie lank voor Wade begin skuldig voel oor wat hy gedoen het nie. “Maar Nina is baie trots op sy heldedaad en praat hom moed in dat dit alles vir ’n goeie doel is,” sê Charlene.

Zoe (Lauren Joseph), Wade se eksmeisie wat ook by Suidooster-Eiendomme werk, is geskok wanneer sy sien in watter toestand die kantoor is en sy is verstom wanneer sy later die dag na beeldmater­iaal op kringtelev­isie kyk en die gemaskerde inbreker herken. “Zoe is seker dis Wade, maar sy hou die vermoede vir eers vir haarself,” sê Dean.

TYD OM TERUG TE BAKLEI

Die inwoners van Ruiterbosc­h kom op Maandag 26 November bymekaar en besluit genoeg is genoeg, hulle moet teen die sogenaamde terroriste opstaan – dis nou as hulle die groep wat hulle treiter, kan opspoor . . .

Intussen besluit Nina om ’n partytjie vir Wade te hou om sy suksesvoll­e kantoorstr­ooptog te vier. “Die partytjie versterk Wade se ego,” vertel Dean. “Dit voel vir hom of hy ’n waardevoll­e bydrae tot Nina-hulle se veldtog gelewer het en dit gee hom meer selfvertro­ue dat hy homself nou aan hulle bewys het,” voeg hy by.

Later die dag besluit Zoe om Wade te konfrontee­r oor wat hy gedoen het, maar Wade wil niks hoor nie en daag haar uit om haar aantygings te bewys.

DIE POLISIE SLAAN TOE

Nina is smoorkwaad op Dinsdag 27 November wanneer sy hoor Suidooster-Eiendomme gaan steeds voort met hul ontwikkeli­ngsprojek ongeag die moeilikhei­d wat sy en haar trawante vir die besigheid veroorsaak het. Sy en haar volgelinge daag by die ontwikkeli­ngsterrein op om protes aan te teken. Dit ontaard in ’n plofbare situasie en Nina word beseer.

Charlene sê Nina is die josie in daarna. “En sy besluit sy moet tot meer ekstreme aksie oorgaan.”

Die polisie daag op Donderdag 29 November by Nina se meditasie-ateljee op om die plek te deursoek nadat hulle ’n anonieme wenk gekry het oor Nina se betrokkenh­eid by die ontwrigtin­g van die ontwikkeli­ngsprojek. Maar hulle kry geen konkrete bewyse nie.

Die volgende dag, op Vrydag 30 November, vind Wade uit wat is die meer ekstreme aksie wat Nina beplan: sy gaan ’n bom in Suidooster-Eiendomme plant! Hy raak vir die eerste keer bang vir Nina, maar sal sy vrees hom die moed gee om teen haar te draai? Of dalk neem hy Ty uiteindeli­k in sy vertroue . . . • Lees meer bl. 53.

 ??  ?? Nina probeer haar houvas op Wade versterk.
Nina probeer haar houvas op Wade versterk.
 ??  ?? Nina en haar volgelinge hou ’n partytjie vir Wade.
Nina en haar volgelinge hou ’n partytjie vir Wade.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa