TV Plus (Afrikaans)

Loopbaanvo­oruitsigte

Rhafiek maak ’n plan wanneer werklooshe­id hom in die gesig staar.

-

Rhafiek (Irshaad Ally) floreer tans in sy nuwe werk by PropTech-Eiendomme sedert hy besluit het om einde November by Suidooster-Eiendomme te bedank.

“Rhafiek wil sy stempel by PropTech afdruk en hulle wys watter aanwins hy vir hulle kan wees,” sê Irshaad. En hy kry die geleenthei­d op Woensdag 21 November om 'n moontlike groot kliënt vir die besigheid nader te hark. Maar ongelukkig loop Rhafiek se voorleggin­g lelik skeef . . .

MAAK OF BREEK

“Dis 'n groot terugslag vir hom,” sê Irshaad, wanneer Rhafiek op Donderdag 22 November hoor die kliënt het nie van sy voorleggin­g gehou nie en dit verwerp. “As gevolg daarvan vou PropTech, wat staatgemaa­k het op die finansiële inspuiting wat die kliënt se besigheid sou bring en arme Rhafiek is weer werkloos. Dis vir hom 'n verleenthe­id en hy voel verneder,” voeg Irshaad by. “Hy is immers 'n dinamiese man en was nog altyd suksesvol in sy loopbaan. Nou voel hy soos 'n mislukking.”

LIEGSTORIE­S

Rhafiek sukkel om weer 'n werk te kry. “Hy bel die hele Kaap plat op soek na 'n nuwe geleenthei­d, maar hy loop net bloutjies.” Boonop vertel hy nie vir sy vrou Carmen (Desiré Gardner) hoe hy sukkel nie en maak of hy binnekort weer 'n werkende man gaan wees. Maar sy vang hom uit op Dinsdag 27 November wanneer sy agterkom hy jok vir haar. Carmen besef hy wou haar net beskerm en keer dat sy bekommerd raak, maar sy sou eerder wou weet wat aangaan, sê Desiré. “Rhafiek is talentvol en 'n harde werker. Hy sien altyd die glas half vol. Al wat sy nou kan doen is om positief te bly en hom te ondersteun.”

’N WAAGKANS

Rhafiek besef op Donderdag 29 November hy moet vir homself werk skep en besluit om sy eie eiendomsag­entskap te begin. Carmen is aanvanklik skepties oor sy plan. “Maar Carmen is iemand wat in waagstukke glo, en sy weet hierdie plan is 'n kans wat Rhafiek moet vat,” sê Desiré.

Carmen help Rhafiek op Vrydag 30 November om sy maatskappy op die been te bring en besluit om ook by Suidooster-Eiendomme te bedank en Rhafiek se vennoot te word. “Rhafiek is baie bly om sy vrou aan sy sy te hê,” sê Irshaad.

Maar hulle vergeet van hul voormalige baas Ian October (Abduraghma­an Adams) se venyn – hy gaan mos nie sommerso nuwe mededingin­g in Ruiterbosc­h duld nie!

 ??  ?? Carmen ondersteun haar man Rhafiek in sy werksoeker­y.
Carmen ondersteun haar man Rhafiek in sy werksoeker­y.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa