TV Plus (Afrikaans)

Deurbraak vir Romeo?

’n Nuwe liefde en Romeo beleef ware emosies? Geen wonder dr. Jameson raak onseker nie!

-

Romeo (Hungani Ndlovu) se terapeut, dr. Jameson (Karin van der Laag), is die onwillige klankbord vir sy gek idees en planne. Sy het sessie ná sessie gesit en luister hoe hy beskryf het hoe hy almal om hom manipuleer. Maar ná die troue op Vrydag 16 November het sy ’n emosionele deurbraak vir haar pasiënt begin merk. “Romeo is altyd heerlik onvoorspel­baar, maar ná Xolile (Sivenathi Mabuya) se troue lyk dit of hy ware gevoelens ervaar en dit nie net projekteer of speletjies speel nie,” sê Karin. Dit lyk of Romeo se nuwe kwesbaarhe­id haar onverhoeds betrap en dr. J kan vind sy gaan die grense binne die volgende twee weke oorskry.

“Dr. Jameson probeer so eties moontlik wees en die korrekte gedragskod­e volg, maar Romeo bly ’n uitdaging. Hy maak dit vir dr. Jameson moeilik om profession­eel te wees. Romeo het ’n sjarmante manier om grense af te breek, wat dr. Jameson dikwels verras,” sê Karin. En op Maandag 3 Desember, begaan dr. Jameson ’n flater wanneer sy Romeo vertel van ’n ontwikkeli­ng in haar eie liefdeslew­e. “Sy voel alleen, want sy het nie baie mense met wie sy kan praat nie. Sy is opgewonde oor haar afspraak met haar nuwe liefde en sy wil graag die goeie nuus met iemand deel. Sy vergeet Romeo is haar pasiënt en begin hom as ’n vriend beskou,” verduideli­k Karin. “Agterna voel sy baie skaam daaroor.”

 ??  ?? Dr. Jameson oortree die reëls met haar pasiënt Romeo.
Dr. Jameson oortree die reëls met haar pasiënt Romeo.
 ??  ?? Xolile se troue raak Romeo.
Xolile se troue raak Romeo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa