TV Plus (Afrikaans)

VERLORE LIEFDE

-

Die soen herinner hulle nie net aan hul vonk in die verlede nie, maar ook aan twee sake: Smanga gaan met Sphe se bestie Zitha (Zoe Mthiyane) uit, en Sphe het Mazwi rêrig lief. “Hulle is in konflik oor hul gevoelens. Hul families sal hulle nie toelaat om bymekaar te wees nie,” waarsku Moopi. Tog gaan hy nie terugstaan nie, ondanks Sphe se bekentenis op Woensdag 28 November. “Sy sê vir hom sy is lief vir hom, maar ook vir sy broer en wil dinge met Mazwi regstel. Smanga haat dit dat Mazwi teruggekom het en hom weer oortref het. Dis nie reg nie,” sê Moopi, en skimp sy karakter se slu kant kan na die oppervlak kom. “Mazwi is nie die enigste mens in die familie wat kan manipuleer nie. Smanga het ’n plan om Mazwi te mislei sodat hy wegbly van wat Smanga ‘sy’ familie, sy baba en sy ‘vrou’ noem . . .”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa