TV Plus (Afrikaans)

GESTEELDE OOMBLIK

-

Smanga ken sy broer en mors nie tyd om Sphe se guns te wen nie. Dit begin met ’n soen op Dinsdag 27 November. “Smanga en Sphe kyk hoe hul dogter Rorisang (Lethokuhle Jiyane) in die babakamer aan die slaap raak en die oomblik voer hulle mee,” sê Moopi. “Smanga leun oor vir ’n soen en Sphe stoot hom nie weg nie. Sy soen hom terug.” Smanga het probeer bewys hy is die beste man ná Mazwi uitgetrek het, en hy gee Mazwi nie kans om in te kom nie. “Hy wil nie weer Sphe se swaer of Rori se oom wees nie. Hulle het ’n band gevorm en Smanga wil Sphe oortuig hy’s ’n beter maat as wat Mazwi tot dusver was,” sê Moopi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa