Terug na die be­gin

Ma­z­wi se te­rug­keer maak sy broer S­man­ga veg­lus­tig.

TV Plus (Afrikaans) - - GENERATIONS -

S­man­ga (Moo­pi Mo­thi­be­li) is stom­ver­baas wan­neer hy op Vry­dag 23 No­vem­ber by die fa­mi­lie se he­re­huis in­stap en sy broer Ma­z­wi (Mu­sa N­ge­ma) sien. “Hy dink da­de­lik Ma­z­wi het vir die so­veel­ste keer te­rug­ge­keer om sy plek as die Moro­ka-erf­ge­naam in te neem,” sê Moo­pi. En S­man­ga kan nie na­der aan die waar­heid wees nie. Ma­z­wi tree op as­of niks ge­beur het nie en wil din­ge her­vat ná hy in Au­gus­tus van­jaar ban­de met die fa­mi­lie ver­breek het. Om uit te vind die raad­ge­wers het S­man­ga ge­dwing om seks te hê met sy vrou, Sp­he (Pe­arl Mo­na­ma), om vir die ste­rie­le Ma­z­wi ’n erf­ge­naam te gee was die laas­te strooi, voeg die ak­teur by. “Maar Ma­z­wi het vre­de ge­maak met die ver­le­de. Hy wil sy hu­we­lik met Sp­he pro­beer her­stel, maar hy weet nie sy broer is ook op haar ver­lief nie.” Ma­z­wi se te­rug­keer be­te­ken nou S­man­ga het twee ge­veg­te wat voor­lê: in die E­z­we­ni-raad­saal en in die slaap­ka­mer.

Ma­z­wi (links) sal S­man­ga nie lan­ger oor­heers nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.