TV Plus (Afrikaans)

HOSPITAAL TOE

-

Tbose gaan polisiekan­toor toe op Vrydag 30 November vir verdere inligting. “Daar sien hy Noah se dagboek. Hy het dit al tevore by Noah gesien. Sonder om iemand daarvan te vertel gaan Tbose huis toe en konfrontee­r Noah,” sê Austin. Die seun erken dis sy boek en hy was medepligti­g, maar ook dat hy gedwing is, en hoop Tbose sal verstaan en ophou vrae vra. “Hy treiter Noah en sê hy gaan die familie alles vertel,” sê Austin. Noah gryp die naaste ding – ’n kombuismes – en steek Tbose in die maag voor hy na sy bende vlug. Die Maputlas jaag met Tbose hospitaal toe in die hoop dat hy sal oorleef. Wat anders kan nog vir hulle skeefloop?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa