TV Plus (Afrikaans)

GEORGANISE­ERDE MISDAAD

-

Al probeer Noah op Dinsdag 27 November maak of niks gebeur het nie, sien sy stiefoom Tbose (Cornet Mamabolo) wat aangaan. Omdat Tbose self geen vreemdelin­g vir slegte gedrag is nie, lug hy sy bekommerni­s oor “Noah wat so senuagtig raak elke keer as iemand iets oor die rooftog sê, maar niemand luister nie. Die Maputlas gee Noah die voordeel van die twyfel,” voeg Austin by. Die familie wil die polisie help om die misdadiger te vang en dink nie verder oor Tbose se insinuasie­s nie. “Die Maputlas was verlede jaar bang om Noah by hulle te laat intrek, want hy is nie ’n bloedverwa­nt nie, hy is nie Leeto se seun nie en hulle het anders na hom gekyk. Hulle het gaaf probeer wees met hom, maar as hulle die waarheid geweet het, sou hulle hom uitgeskop het. Dit plaas Leeto in ’n moeilike situasie,” voeg Austin by. “Leeto is lief vir Mokgadi en hy behandel Noah soos sy eie. Dit sal moeilik wees vir hulle.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa