TV Plus (Afrikaans)

Tbose se meswond

Noah beskerm sy gangster-geheim deur die nuuskierig­e Tbose aan te val.

-

Om by ’n bende aan te sluit is nie altyd net vir opwinding nie. Die hoërskooll­eerder Noah (Austin Mothapo) het hom tot ’n Polokwaneb­ende verbind om homself te beskerm toe hy nog in die weeshuis was voor hy in 2017 met sy ma, Mokgadi (Pebetsi Matlaila), herenig is. “Jy weet wat hulle van bendes sê: dis vir altyd. Die enigste manier daaruit is die dood,” sê Austin ernstig. “Jy doen wat hulle vir jou sê, of jy daarvan hou of nie.” Dis ’n probleem op Woensdag 21 November wanneer Noah aangesê word om sy stiefpa, Leeto (Eric Macheru), se familiesup­ermark te help beroof. “Hy dink nie twee keer nie – hy weet daar word nie geargument­eer nie. Hy skryf ’n stap-vir-stapplan in sy dagboek neer,” sê die akteur, en onthul die plan misluk op Maandag 26 November wanneer die polisie in die middel van die rooftog opdaag. “Hulle ontsnap, maar in the chaos laat val Noah sy dagboek met sy vingerafdr­ukke op.”

 ??  ?? Noah probeer sy misdaad wegsteek en dam Tbose met ’n kombuismes.
Noah probeer sy misdaad wegsteek en dam Tbose met ’n kombuismes.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa