TV Plus (Afrikaans)

Familie-affêre

Wendy sondig teenoor haar sus, Lalage, deur agter swaer Hendrik aan te loop, kompleet met ’n nuwe voorkoms.

-

Sedert haar kinderjare verdrink Wendy (Michelle Beling) in haar suster, Lalage (Elma Postma), se skaduwee. Dit het gelyk of Lalage die perfekte lewe gehad het: ’n lekker werk en ’n gelukkige gesin saam met haar liefdevoll­e man,

Hendrik (Gérard Rudolf). Maar die oudgevange­ne Wendy is alleen. “Sy wil net iemand aan haar kant hê terwyl Lalage op haar werk konsentree­r,” verduideli­k Michelle. Die leemte maak op Woensdag 21 November ’n deur oop vir verraad wanneer Wendy meer tyd by Hendrik deurbring terwyl Lalage weg is vir werk en Wendy ma speel vir haar susterskin­ders Anja en Zandré (Lee Visagie en Dèanré Reiners).

“Om gevoelens vir Hendrik te hê is nie beplan nie,” sê Michelle. “Dit gebeur sonder dat sy dit besef.” Dis ’n eensydige situasie, want die voorbeeldi­ge Hendrik oorweeg nie eens die moontlikhe­id van ’n affair met sy skoonsuste­r nie, voeg die aktrise by. “Wendy merk nie dat haar gevoelens nie beantwoord word nie.”

NUWE VOORKOMS

“Hendrik bring die sagter kant van Wendy na vore. Die manier waarop hy met haar praat laat haar goed voel oor haarself,” verduideli­k Michelle, en beklemtoon dat Hendrik haar nie aanleiding gee nie, maar eerder net gaaf teenoor haar is. “Sedert sy in 2017 opgedaag het, het niemand aandag aan haar gegee nie. Voordat sy tronk toe is het haar bedrieër- ekskêrel Jacques, oftewel Clive (Stefan Ludik), haar vertroue geskend. Hendrik se kompliment oor haar nuwe voorkoms [op Donderdag 22 November] herinner haar aan hoe dit is om ’n vrou te wees,” sê Michelle. Die aspirant-skoonheids­kundige Anja gaan voort om Wendy met subtiele grimering en klere te help sonder dat sy weet haar pa is die een na wie Wendy hunker. “Dis niks drasties nie,” voeg Michelle by. “Sy is steeds ’n effense rabbedoe, nou net met lipstiffie.”

FAMILIEVET­E

Wendy is sprakeloos wanneer sy op Vrydag 23 November by die Lategan-huis aankom en sien Lalage is terug van haar uitstappie en dat sy met Hendrik versoen geraak het ná hul onlangse bakleiery. “Wendy het dit nie verwag nie. Sy is verpletter,” sê Michelle. Wendy weet wat sy voel is verkeerd, maar “skakel jy gevoelens af wanneer dit eg is?” vra die aktrise. “Sy moet haar eie lewe vind – sy leef in Lalage se skaduwee en dis nie gesond nie. Sy wil nie haar familie verloor nie. Sy kan nie.”

 ??  ?? Die eens vaal Wendy lyk nou sag op die oog met lipstiffie en ’n nuwe haarstyl.
Die eens vaal Wendy lyk nou sag op die oog met lipstiffie en ’n nuwe haarstyl.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa