TV Plus (Afrikaans)

Vuil, sexy geld

Hoe ver is Sbu gewillig om te gaan wanneer hy nader aan Mrs. Madlala en haar geld kom?

-

Wanneer die heilige Mrs. Madlala (Ntombifuth­i Dlamini) se geheime lewe as ’n skelmpie op Vrydag 2 November in die kerk op die lappe kom, lag Sbu (Simphiwe Majozi), die gangster, lekker. “Hy dink: ‘Hei, jy’s ook ’n skelm!’” sê Simphiwe. Maar ná sy begin praat het oor die Madlala-miljoene, verander die gelag in berekening­s. “Dis eintlik Fikile (Nelisa Mchunu) wat druk geplaas het op Sbu [op Woensdag 21 November] en vir hom sê: ‘Hey, Sbu, ons is platsak! Maak ’n plan. Daai mamma het soveel geld. Probeer van haar kontant in die hande kry’,” sê Simphiwe.

Sbu begin op Vrydag 30 November met tuinwerk om kontant te kry. Maar hy kan dit al die pad na die slaapkamer maak teen Desember.

GELDPLAAS

“Hy begin deur haar te besoek. Hy kyk die huis deur om te sien van watter soort dinge sy hou. En hy merk sy hou van plante. Sy hou van tuinmaak en Sbu besef dis sy kans om nader aan haar te kom. Hy sê vir haar hy hou ook van tuinmaak, en Mrs. Madlala betaal Sbu om ’n tuinboukur­sus te volg. Niks kom van die kursus nie, maar Sbu stel net in haar geld belang. So lieg hy heeltyd. Lieg, lieg, lieg. Maar vir hom is sy ook ’n leuenaar en sy het soveel geld! Sbu neem net ’n paar duisend rand van haar, soos R6 000 hier of R2 000 dalk die volgende week. Sy gee dit net vir hom,” sê Simphiwe en skud sy kop.

NADER AAN DIE TEIKEN

Mrs. Madlala, wat bitter eensaam is ná haar minnaar se dood (nie op skerms nie) in September, kan nie die jongman Sbu se geselskap weerstaan nie. “Sy laat hom in haar buitegebou bly en nou is hy voltyds by haar,” voeg Simphiwe by. “Fikile is nie meer jaloers op Sbu nie, want sy sien hy fokus net op Mrs. Madlala. Sy is al oor wie hy praat. Fikile wil vra: ‘Haai, wena, hei! Wat is nou verkeerd met jou? Voel jy nou iets?’ Dis eintlik ’n pragtige storie.”

 ??  ?? Mrs. Madlala en Sbu raak gesellig by mekaar.
Mrs. Madlala en Sbu raak gesellig by mekaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa