TV Plus (Afrikaans)

Diefstaldr­ama

Die desperate Suffocate steel van sy vyand om sy ontvoerde dogter te red – maar hy gaan die prys daarvoor betaal . . .

-

Die eertydse tronkvoël Suffo (Mduduzi Mabaso) beleef tans enige ouer se nagmerrie sedert sy dogter, Busi (Thato Ntshubela) op Woensdag 14 Oktober in ’n park ontvoer is. “Hy slaap en eet nie, en praat met niemand nie,” sug die akteur. “Die spanningsv­olle soektog is besig om ’n wig tussen Suffo en sy geliefdes in te dryf. Hy glo ook Niki (Nolo Phiri), sy eksvrou en Busi se ma, sit agter die ontvoering uit wraak omdat hy ’n tweede vrou, Puleng (Tebogo Khalo), gevat het.” Daar kom darem ’n bietjie duidelikhe­id op Donderdag 22 November wanneer Suffo ’n oproep van sy eksselmaat Lerumo (Khotso Nkhatho) kry. “Die ou soek R1 miljoen vir Busi. Suffo skarrel om dit te betaal, maar dan soek Lerumo nog meer,” sê Mduduzi. Suffo se verligting dat sy dogter veilig is, is nou vervang deur bekommerni­s oor waar hy nog geld gaan kry. En al is dit ’n slegte idee om geld van sy vyand David (Jamie Bartlett) te steel, “is dit ál keuse”, voeg hy by.

KRY DIE KODE

Dis maklik om die rooftog te beplan, maar om dit uit te voer is ingewikkel­d, sê Mduduzi. “Suffo het ’n kluis met kontant in David se kantoor gesien tydens een van hul vergaderin­gs. Net ’n handvol van David se werknemers word daar toegelaat en nog minder ken die kode.” Maar Suffo is ’n man met ’n plan en op Dinsdag 27 November sê hy vir Niki se broer Bash (Siphiwe Mtshali) om die kluiskode en sy baas David se skedule te kry. “Suffo wil niemand seermaak nie. Hy wil insluip, die geld kry en loop. Plus, David het al verskeie slegte dinge aan Suffo gedoen, soos sy affair met Niki in 2015, so hy betaal hom terug. David sal nie ’n paar miljoen mis nie . . .”

ROEKELOSE OPTREDE

Suffo, Niki en Bash breek op Dinsdag 4 Desember by die kantoor in en voel vere dat hulle op die sekuriteit­skameras vasgevang word. “Suffo is desperaat en gee nie om as David weet dis hy nie. David kan dit in elk geval nie by die polisie aangee nie, want dis geld wat uit onwettige transaksie­s gemaak is.” Maar al gee Suffo nie om nie en is sy enigste dryfveer om Busi te red voor Lerumo haar dalk doodmaak, is David woedend. “Hy kan die transaksie om Busi terug te kry ruïneer,” sê Mduduzi oor wat op Woensdag 5 Desember gebeur. “David is woedend. Hy gaan hulle laat betaal. En nie in rande nie.”

 ??  ?? David weet nie Suffo en sy ouens gaan hom beroof nie.
David weet nie Suffo en sy ouens gaan hom beroof nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa