TV Plus (Afrikaans)

Hande wat raak vat

Sheila het ’n plan om Eric se hart te verower.

-

Volgens die mal Sheila (Kimberlin Brown), is die pad na ’n man se hart nie deur sy maag nie, maar eerder om die vrou wat hom verneuk het te vervang – deur haar te kry om na die nutsman te loer. Van Sheila sedert Julie terug is in LA ontsien sy geen moeite nie om Eric (John McCook) en

Quinn (Rena Sofer) se verhouding te laat verbrokkel. “In haar vreemde verstand glo sy werklik sy moet mev. Forrester wees en nie Quinn nie,” verduideli­k die aktrise wie se karakter in die vroeë negentigs aan Eric verloof was. Om te bewys Quinn is nie lojaal aan Eric nie, koop Sheila op Vrydag 16 November sy nutsman Mateo (Francisco San Martin) om om meer as net werkies in en om die huis te doen.

DIE WAARHEID KOM UIT

’n Gespanne Quinn vra Mateo op Vrydag 23 November om haar te masseer wanneer sy onthou hy het gesê hy is goed met sy hande. “Sy het geen idee Sheila het hom omgekoop nie,” voeg Kimberlin by. Mateo raak ’n bietjie te vatterig vir Quinn op Maandag 26 November en sy dank hom summier af. En dan erken die jong man wat aangaan, voeg Rena by. “Hy vertel haar alles. Waarvoor Sheila hom betaal het en hoe Sheila beplan om Eric haar man te maak.” Maar Sheila het nou met iemand te doen wat haar gemene, konkelende gelyke is – en Quinn vertel Eric dieselfde dag van haar plan en hy stem in om saam te speel.

SLIM KOM TOT ’N VAL

Sheila dink Mateo se missie het geslaag en sy vertel Eric op Dinsdag 27 November wat sy dink gebeur het, kompleet met haar skildery wat nou bo die kaggel pryk. “Sy is daar om haar troon te eis, maar Eric sê vir haar hy weet van alles. Dis een van die min kere wat Sheila onkant gevang word,” sê Kimberlin. Eric roep die kop onderstebo Mateo in, wat alles staaf. Eric en Quinn grinnik nes Sheila omdraai om te loop, maar sy snou hulle ’n laaste waarskuwin­g toe: “Julle sal my weer sien!” Op Wo. 21 Nov. en Vr. 30 Nov. word Bold nie uitgesaai nie vanweë die T20-krieketuit­sendings.

 ??  ?? Mateo se hande staan vir niks verkeerd nie – veral nie as dit kom by sy baas se vrou, Quinn, nie.
Mateo se hande staan vir niks verkeerd nie – veral nie as dit kom by sy baas se vrou, Quinn, nie.
 ??  ?? Sheila bied Mateo geld aan om Eric te verraai.
Sheila bied Mateo geld aan om Eric te verraai.
 ??  ?? Sheila vertel Eric wat sy vrou aangevang het.
Sheila vertel Eric wat sy vrou aangevang het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa