TV Plus (Afrikaans)

26 – 30 NOVEMBER

-

Abby vra Theresa om haar trourok te ontwerp, en Eve kry ’n spokerige besoek ná Paige se begrafnis. André betrap Chad wat geld uit die Dimera-kluis gaps, en Chad hoor Justin het sy wegkruippl­ek ontdek. Eduardo bied ’n beloning van $100 000 aan vir Chad se inhegtenis­neming, en JJ probeer Clyde sover kry om sy ware kleure te wys terwyl die polisie meeluister. Caroline droom Bo word gemartel, en Victor onthul Bo het eintlik na ’n kuur vir Caroline gaan soek. Patch is terug met nuus vir Victor van Bo se dood, maar elders ontsnap Bo van ’n dodelike inspuiting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa