TV Plus (Afrikaans)

Die donker pad

Die dasmoorden­aar Ben Weston word vinnig ál gekker – weens pure jaloesie!

-

Die identiteit van Salem se dasmoorden­aar is Maandag 19 November onthul, en dis vir almal ’n verrassing – miskien selfs vir die moordenaar! Op Woensdag 21 November word Ben Weston (Robert Scott Wilson) wakker van ’n droom oor hoe Paige (True O’Brien) en Serena (Melissa Archer) gestoei het terwyl hulle verwurg was. Maar hy oortuig homself: “Ek het dit nie bedoel nie. Ek kon dit nie doen nie. Nee. Dit was Chad (Billy Flynn).” En later praat Ben met homself oor hoe Chad hom “dwing” om sy slagoffers af te maai. “Hy verloor half sy bewussyn,” verduideli­k Robert. “Dit maak nie saak of een of 50 mense doodgaan nie. In sy kop gaan almal dood oor Chad. Alles wat Ben doen is bedoel om dit te laat lyk of Chad skuldig is.” En dis tog nie hoe ’n rasionele mens se kop werk nie . . .

HOEKOM IS BEN GEVAARLIK?

1 Ben vlug al vandat hy ’n seun is van sy mishandele­nde pa, Clyde (James Read). “Hy’s ’n bietjie mal. Ben het nog nooit ’n familie gehad nie, want hy was altyd aan die vlug. Ben weet nie hoe om die situasie met Abigail (Kate Mansi) en Chad [hul affair] te hanteer nie en as iets weg- gevat word van hom, gaan hy mense uitwis,” sê Robert. 2 Ben het ’n geskiedeni­s van geweld. Hy is op Vrydag 23 Maart gearrestee­r omdat hy Chad opgedons het omdat Chad hom geterg het. 3 Ben was so onseker oor of Abby getrou is aan hom, hy het op Dinsdag 7 Augustus ’n opsporings­toestel op haar selfoon afgelaai. 4 Nadat hy Abby op Woensdag 8 Augustus by die DiMera-huis opgespoor het, het hy uitgevind van Abby en Chad se affair – hulle het met mekaar in die roostuin baklei. Hy het voorgegee niks is fout nie, maar sedertdien mompel hy besitlik teenoor Abby, maar bederf haar ook asof sy ’n prinses is, al verwyt hy haar eintlik oor haar verraad. En daardie woede borrel elke nou en dan oor. 5 Clyde vra Ben op Maandag 19 November wat hy sal doen as Chad hulle volg, en Ben antwoord eenvoudig: “Dan sal ek hom doodmaak.” Steeds nie oortuig Ben is slegte nuus nie?

DIE DERDE SLAGOFFER

Terwyl Abby op Maandag 26 November trourokke aanpas, sit Ben tuis en dink aan die vroue wat hy reeds vermoor het. Sê dit agter ons aan: “Abby, jou lewe is in gevaar!” Maar sy is nie die enigste een wat oor haar skouer moet loer nie. Ben se volgende slagoffer word op Dinsdag 4 Desember gevind . . .

 ??  ?? Serena het nie geweet wie Ben werklik is nie – en die meeste van die tyd is hy self nie seker nie.
Serena het nie geweet wie Ben werklik is nie – en die meeste van die tyd is hy self nie seker nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa