TV Plus (Afrikaans)

26 – 30 NOVEMBER

-

Ongenooide besoekers daag by Nina en Gideon se huis op, Maryke en Julia maak vrede met Sakkie oor hul ma, en Blitz is nog in sak en as oor Julia. Die Bekkers probeer sterk wees ná die huisinbraa­k, Chrissie is bekommerd oor haar ouers, en Schalk word verplig om verlof te neem. Nog ’n pompondans­er probeer Blitz verlei, Blitz is spyt hy was eerlik met Julia, en Schalk sukkel om sy verpligte verlof te aanvaar. Nina is geskok oor Gideon se plan om terug te trek Bloemfonte­in toe, Bart speel op Schalk se gevoel om sy vertroue te wen, en Chrissie vind uit van Gideon en Nina se planne om te verhuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa