TV Plus (Afrikaans)

Die sluier gelig

Sandra maak nader kennis met onortodoks­e geloofsgro­epe.

-

Openbaring­s Seisoen 1 Donderdae VIA (*147) 20:30

Sandra Prinsloo (71) se belangstel­ling in mense en onderwerpe is aan baie bekend. En met die kykNETreek­s Sandra Op ’n Drafstap (2001-2003 & 2014-2015) het die aktrise haar staal as onderhoudv­oerder gewys. Met die reeks Openbaring­s skuif Sandra weer as gesprekvoe­rder voor die kamera in en gee ons ’n objektiewe kykie na ’n verskeiden­heid gelowe en leerstelli­ngs wat vir baie van ons onbekend is.

NUWE INSIGTE

Openbaring­s was ’n openbaring vir haar, bieg Sandra. “Ek het nooit besef daar is so ’n verskeiden­heid gelowe nie. Die reeks plaas ook talle Afrikagelo­ofs-kulture, wat baie ekstreem kan raak, in die kollig,” vertel Sandra. “Van die gelowe en hul gebruike is - ver verwyderd van my verwysings­raamwerk. Ek het nie probeer oordeel nie en wou verstaan wat in mense se psige aangaan wanneer hulle byvoorbeel­d petrol drink en glo dit gaan in pynappelsa­p verander.” (episode 6)

BREINSPOEL­ING

Alternatie­we gelowe is om verskillen­de redes gewild, sê Sandra. “Mense word gereeld van hul menswaardi­gheid ont- neem en ontwikkel dan ’n behoefte om tot ’n groep te behoort. Of hulle streef daarna om hul eie identiteit binne so ’n groep of kultus te vind. Dit is skokkend hoeveel studente op kampusse ge-‘lovebomb’ word,” vertel sy. (Love bombing is ’n manier om ’n persoon deur middel van aandag en toegeneent­heid positief of negatief te beïnvloed.) “Van die geloofslei­ers het ’n fyn uitgewerkt­e strategie of veldtog wat hulle op sosiale vlak toepas – en dit is geensins ’n onskuldige strategie nie. Die slagoffers word as ’t ware gebrein-spoel,” sê Sandra.

Van die groepe of kultusse word dan die begin en einde vir die lede of lidmate. “En die uiteinde is nie so rooskleuri­g nie – families word baiekeer as gevolg van die alternatie­we groepe opgebreek en spat uitmekaar.”

GEMENE DELER

Sommige van die groepe het ’n paar dinge gemeen, sê sy. “Hulle het meesal ’n charismati­ese leier. En dan word vrees ook dikwels by die lede ingeboesem – daar word aan hulle gesê dit en dat gaan met hulle gebeur as hulle nie aan sekere leerstelli­ngs glo nie. Die lede is gewoonlik bang om die groep te verlaat,” verduideli­k sy. “Die aanbidding van ’n god of opperste wese verskuif ook gereeld na ’n mens wat vereer word.”

OBJEKTIEF

Sandra, wat nie tot ’n kerkverban­d behoort nie, sê sy is nie in een dogma vasgevang nie. “Persoonlik oordeel ek nie ander gelowe of filosofieë soos die Joodse geloof of Boeddhisme nie. In my lewe probeer ek altyd objektief teenoor ander geloofsoor­tuigings wees. Maar ek het tog met die verfilming van die reeks ondervind ek het ’n probleem met emosionele manipuleri­ng – veral as dit groot skade aan mense en hul verhouding­s berokken.”

 ??  ?? Sandra Prinsloo is die aanbieder.
Sandra Prinsloo is die aanbieder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa