TV Plus (Afrikaans)

Groot avontuur

Pasella- aanbieder kyk terug op 19 jaar se beleweniss­e.

-

Pasella Seisoen 27 Woensdae SABC2 (*192) 19:30

Paul Rothman (40) is so sinoniem met die leefstylpr­ogram Pasella (1998-nou) as wat braaivleis en mieliepap met Suid-Afrika is. En ná amper twee dekades op die kassie laat die sexy man die skone geslag steeds swymel.

Sy passie vir sy werk as Pasella-aanbieder het sedert sy begindae geensins verflou nie en hy pak elke onderhoud steeds geesdrifti­g aan. “Ek het in 1999 by die span ingeval omdat ek gedink het dit kan pret wees. Maar dit was baie meer as pret. Pasella het my horisonne verbreed en my die kans gebied om die wêreld en baie mense uit alle vlakke van die samelewing beter te leer ken. Dit was tot dusver ’n ervaringge­drewe avontuur vir my,” sê hy.

Wat was jou hoogtepunt­e tot dusver

as aanbieder? My vaart in 2010 op ’n Russiese navorsings­kip in die Noordpool was onvergeetl­ik. My onderhoude met die skrywer Johan Bakkes (Openbaring, 2016) en die magnaat Richard Branson, wat albei in 2008 plaasgevin­d het, staan ook uit. Johan het die kuns vervolmaak om sy profession­ele en sy avontuurle­we te balanseer. Richard het ’n blywende indruk op my gemaak omdat hy ondanks sy sukses en welvaart so nederig en toeganklik bly. Dan wil ek ook die sanger-liedjieskr­ywer Jan Blohm (Breyten Se Brief, 2004) uitsonder. Ek het meer as een keer ’n onderhoud met Jan gevoer en die laaste een was in 2013. Jan se eerlikheid en hoe hy met die donker skadu’s soos depressie spartel en dit oorbrug, het my diep geraak.

En laagtepunt­e? Daar was weinig. Ek dink die insetsels oor glansryke dekorartik­els of koek het my nie altyd geboei nie. En af en toe was daar ’n jong, onervare kunstenaar wat nie die nodige substansie aan die onderhoud verleen het nie. Maar ek gaan nie name noem nie. Wat het Pasella al vir jou beteken? Ek was aanvanklik onseker en selfbewus voor die kamera, maar het gou geleer ek moet uit my dop kruip as ek onderhoude voer. Dit het my ook gehelp om van my vrese soos hoogtevree­s te oorbrug. Ek moes in verskeie insetsels

abseil, bergklim, rekspring of vryval, maar ek het my later gekondisio­neer dat wanneer ek my verbind het om dit te doen, ek nie op die nippertjie kop uittrek nie. Jy balanseer jou TV-aanbieding ook met ander werk? Ja, sedert 2007 is ek regsadvise­ur – ek lewer regs- en besigheids­verwante dienste vir ’n werkgewers­maatskappy. (Paul het ’n BCom Regte-graad aan die Universite­it van Pretoria verwerf en in 2002 ’n LLB- graad aan dieselfde universite­it.) Ek bied ook gereeld motivering­spraatjies aan vir verskeie kliënte onder die vaandel van WarriorCra­ft oor die mag van besluitnem­ing en selfverded­iging aan. Is daar nog enige ander doelwitte wat jy

vir jouself gestel het? My seun, Wolfe (18 maande), het my geïnspiree­r om ’n kinderboek, Waya The Warrior Wolf (2017), te skryf en uit te gee, en ek wil nog kinderboek­e skryf. Ek wil ook vroeg volgende jaar weer ’n Thaiboksge­veg aandurf. (Hy was in 2001 die Thaiboks-wêreldkamp­ioen in die swaargewig-afdeling). Dan wil ek ook met ’n bewusmakin­gsprojek begin om vooroordel­e in die samelewing te help beveg.

Beskou jy jouself as ’n sekssimboo­l? Ek aanvaar ek is seksueel aantreklik. Ek moedig ook ander aan om dit te doen. Dit was voorheen dalk vir my belangrik om die regte beeld en voorkoms te projekteer, maar ek het baie afgekoel. Dis nou vir my belangrike­r om na myself te kyk en gesond te leef.

Hoe koördineer jy en jou lewensmaat, die eks-model Candice (Boucher), jul onderskeie verpligtin­ge en loopbane? Ons woon in Pretoria en Candice staan douvoordag op, want sy werk by ’n kuberveili­gheidsmaat­skappy in Johannesbu­rg. Ek speel dan gewoonlik soggens ma vir klein Wolfe. Maar ons het ’n goeie ondersteun­ingstelsel en Wolfe het ook ’n oppasser wat hand bysit.

 ??  ?? Paul Rothman het al diep spore getrap as aanbieder van Pasella.
Paul Rothman het al diep spore getrap as aanbieder van Pasella.
 ??  ?? Candice, Paul en klein Wolfe.
Candice, Paul en klein Wolfe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa