TV Plus (Afrikaans)

Vind liefde op die kassie

Boere van Australië vat ’n kans om ’n nooi se hart te wen.

-

The Farmer Wants A Wife Seisoen 9 BBC Lifestyle (*174) Sondae 20:00 (begin 2 Desember)

Boer Soek ’n Vrou

Seisoen 11 kykNET (*144) Donderdae 20:00

Liefde kan op TV gevind word, en die gewilde realiteits­reeks Boer Soek ’n Vrou (2008-nou), waar ’n boer ’n meisie soek, het dit al telkemale met 13 suksesverh­ale bewys. Maar het jy geweet Boer Soek ’n Vrou is gegrond op ’n internasio­nale formaat van die reeks Farmer Wants A Wife (2001-2009), wat in Brittanje begin het? Altesame 29 lande in die wêreld, ook Suid-Afrika, het die reeks hul eie gemaak, en vir die eerste keer sal kykers die Australies­e weergawe, The Farmer Wants A Wife (2007-2016), te sien kry wanneer die negende en finale reeks op BBC Lifestyle begin.

ONTMOET DIE BOERE

Ses boere van Australië hoop om hul alleenheid te besweer deur die perfekte plaasvrou te vind. Sam McClymont, ’n Australies­e sangeres en TV-persoonlik­heid, is as aanbieder van die reeks van agt episodes aan die boere se sy wanneer hulle met die potensiële lewensmaat­s kennis maak. Sam sê die boere sien die proses kan werk. “Ek is ’n groot aanhanger van die reeks en is verstom oor die reeks se suksesverh­ale [lees in kassie hieronder]. En ek dink as gevolg van die suksesreko­rd sien die boere hulle kan ’n sielsgenoo­t op TV vind.”

Hier is meer oor die mans:

Lance (52) het ’n perd- en-beesboerde­ry in Rockhampto­n, Queensland. Lance soek ’n vrou met wie hy die res van sy lewe kan deurbring.

Lachie (37) is ’n beesboer van Camden in Nieu-Suid-Wallis. Hy het groot drome om sy beesboerde­ry in ’n troubestem­ming te verander en wil ’n vrou hê wat hom in sy doelwitte sal steun.

Julz (36) bestuur ’n gemengde en veeboerder­y in Tumbybaai in Suid-Australië. Hy het ’n sewejarige dogter en soek ’n vrou wat nie bang is om haar hande vuil te maak nie.

Adam (25) is ’n melkboer van Gippsland in Victoria. Hy’s baie lief vir sy drie susters, maar wil met ’n eie gesin begin.

Matt (25) bestuur ’n beesboerde­ry en is ’n helikopter­vlieënier, kampioenst­oeier en vegkunsten­aar. Matt is gereed vir ’n ernstige verhouding.

Jedd (37) boer met oesters en is van Coffinbaai in Suid-Australië. As kind het Jedd se ouers geskei, maar dit het hom nie van die huwelik afgeskrik nie.

VERSKILLE

Die Australies­e boere ontmoet in die eerste episode (2 Des.) agt deelnemers wat aanlyn ingeskryf het. Blitsafspr­ake vind plaas en vier vroue word gekies.

Op eie bodem stel ons 10 boere bekend aan wie belangstel­lendes kan skryf, maar net die vyf boere met die meeste korrespond­ensie neem verder deel. In episodes 7 en 8 (22 & 29 November) leer ken ons boere eers die drie vroue wat hulle na hul plaas genooi het beter, en stuur dan een van hulle huis toe. Elmarie Botha, vervaardig­er van die reeks, sê dis die kykers wat die reekse besonders maak. “Elke land se kykers reageer anders en het ander waardes – Suid-Afrikaners is trots en gasvry, wat die reeks anders maak.”

GESKIEDENI­S IS GEMAAK

Boer Toanette Els (23) het ná 11 jaar geskiedeni­s gemaak toe sy die eerste vroueboer word wat saam met vier ander mans die grootste landwye belangstel­ling ontlok het. Elmarie en haar span was uit die veld geslaan. “Ons senuwees was op, maar soos die produksie voortgegaa­n het, het ons aangepas.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa