TV Plus (Afrikaans)

’n TV-rockster

Die rocker Francois van Coke deel sy liefde vir Afrikaans.

- Die Van Coke Show Seisoen 1 kykNET (*144) 20:30 Speletjies­program

“Ek het nooit gedink ek sou eendag my eie TV-reeks hê nie,” verklap die rocker Francois van Coke oor sy speletjies­reeks van 13 episodes Die Van Coke Show (2018-nou) wat op Maandag 8 Oktober begin het. “Dit was nooit op my doenlysie nie, hoewel my ouers my vertel het dat ek iewers as ’n laaitie in ’n boek geskryf het ek wil op TV wees,” vertel hy. “Die terugvoer is ongeloofli­k. Ek dink aanvanklik was dit ’n bietjie van ’n skok vir kykers, net omdat dit baie anders en alternatie­f vir kykNET is, maar my fans het dadelik daarvan gehou, en dit het ook later ander kykers se aandag getrek.”

Hoe het jy jou eie reeks gekry? kykNET het my verlede jaar gekontak en gevra of ek sou belangstel om iets in TV te doen, of my eie reeks te hê. Ek het nooit daaroor gedink nie, maar later besluit om dit te probeer. Ons eerste konsep was soos ’n make over-tipe reeks, waar ek gaan oefen vir die Comrades-marathon of so iets! Maar ons het op die ou end met Die Van Coke Show vorendag gekom, want musiek is tog in my bloed.

Waaroor gaan die reeks? Dit is eintlik ’n geselsprog­ram met ’n musiekelem­ent. Ek is die aanbieder en ons het twee spanne wat algemeneke­nnis- en musiekvrae moet beantwoord. Aan die einde van elke episode sing ek ’n liedjie van ’n bekende Afrikaanse sanger en die deelnemers moet in die drie speletjies per episode probeer uitvind wat die liedjie is wat ek gaan sing. Elke span kry punte vir regte antwoorde, maar die punte tel vir niks nie, daar is nie pryse nie, want dit is eintlik cooler om te verloor as om te wen, maar ek wil darem hê die spanne moet regtig meeding.

Waar kom die betekenisv­olle monoloog aan die begin van elke episode vandaan?

Nog voor die reeks bevestig was, het ek geweet ek wou vir Hunter Kennedy in die skryfspan hê. Ons werk al 15 jaar saam in ons groep Fokofpolis­iekar en speel al vanaf 2000 saam in verskillen­de rockgroepe. Hy skryf die inleidende monoloog vir my, ons werk daardeur en maak veranderin­gs indien nodig. Dit is ons geleenthei­d om sosiale kommentaar te lewer. Elke episode het ’n tema, so die inspirasie kom gewoonlik uit die tema van die reeks.

Hoe kies jy watter Afrikaanse liedjies aan die einde van elke episode gesing word?

Ek wou al jare lank ’n klomp Afrikaanse liedjies vat en dit in my styl oordoen, en nou kan ek dit doen. Ek het my gunsteling- Afrikaanse liedjies geneem, oud en nuut, en dit myne gemaak met die hulp van my TV-groep, Die Gevaar.

En hoe voel mense oor jou weergawes? Ek neem aan baie goed want dit boer boaan musiektref­ferlyste. My weergawes van Gé Korsten se Liefling (episode 1, 8 Oktober) en Sonja Herholdt se liedjie Ek Verlang Na Jou (episode 4, 29 Oktober) het verskrikli­k baie aandag getrek. Sonja Herold was nogal spesiaal, want ek het haar konsert in die Kraaifonte­instadsaal gaan kyk toe ek so vyf jaar oud was. Dit was my heel eerste konsert. Die ander liedjies wat kykers in die episodes hoor, kry ook goeie terugvoer. Ek hoop daar is ’n seisoen twee sodat ek nog meer van my gunsteling­e met die kykers kan deel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa