TV Plus (Afrikaans)

Moord- masjien

Joubert laat moord in die spioenasie­riller Condor soos kuns lyk, maar die aktrise Leem Lubany is glad nie so nie.

- Condor

Aksiereeks­e gebruik dikwels ontevrede oorlogsvet­erane as hul skurke – vol letsels en tatoes en getraumati­seer weens hul weermagdie­ns. Die nuwe weergawe van Condor (2018-nou, gegrond op die 1974-roman Six Days Of The Condor en die 1975-fliek Three Days Of The Condor) se sluipmoord­enaar is die keer ’n vrou, Gabrielle. Die 21-jarige Arabies-Israeliese Leem Lubany vertolk die rol wat in die fliek deur Max von

Sydow beroemd gemaak is. Sy sê: “Gabrielle Joubert is die koudste sluipmoord­enaar. Sy loop in, trek die sneller, stap uit. Sy is die persoon na wie die spioenasie­wêreld sal gaan om iets gedoen te kry.”

VROUEMAG

Joubert is Leem se vyfde akteurswer­k en haar eerste TV-rol, het sy verduideli­k, was baie meer veeleisend as

wat sy verwag het. “Jy dink dit sou soos in ’n fliek wees, maar dis soveel meer. Van die rol-lesings tot die vuurwapeno­pleiding tot die waagtoertj­ies – dis op ’n heel ander vlak. Die karakter ook. Onverbidde­lik, genadeloos, geheimsinn­ig, gewelddadi­g.” Die reeksskepp­ers Todd Katzburg en Jason Smilovic wou ’n vrou hê, maar was verras met Leem se oudisie. “Ons het iemand in haar dertigs gesoek,” verduideli­k Todd. “Toe stap die jonger Leem in en oorrompel ons. Sy het die koue Mossad-agent met soveel mag vertolk – sy moes die rol kry.”

MEDESTER

Joubert word gestuur om die CIA-ontleder

Joe (Max Irons) te vermoor, maar die akteurs het baie pret op stel gehad, sê Max: “Ons het vir wapenoplei­ding gegaan en sy was dadelik intimidere­nd gemaklik daarmee. Ek het gedink: ‘Sjoe, sy’s so pragtig, maar sy wil my skiet’.” Leem sê: “Ek haat wapens, maar Joubert is mal daaroor, die koue staal teen haar vel, die mag om dood te maak in haar hande. Dit was opwindend.”

 ??  ?? Joubert is gewapen en uiters gevaarlik. TV-sluipmoord­enaars is nie sommer dodeliker as Joubert nie.
Joubert is gewapen en uiters gevaarlik. TV-sluipmoord­enaars is nie sommer dodeliker as Joubert nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa