TV Plus (Afrikaans)

Spanmaat-probleme

Die polisieman­ne is wild en vry in die aksiereeks Rush Hour.

- Rush Hour

Seisoen 1 Weekdae e.tv (*194) 20:30 (begin Maandag 3 Desember)

Jackie Chan en Chris Tucker het ideaal by mekaar gepas in die polisiepel-komedieree­ks in die Rush Hour-flieks (1998nou). Maar toe die 13 episode lange Rush Hour-TVreeks (2016) geskep is, het die skerpskert­ser Justin Hires by Chris oorgeneem as die LAPD-speurder James Steven Carter, en die Britse akteur Jon Fo het Jackie se rol as die Hongkong-speurder Jonathan Lee oorgeneem. “Nuwe stories, dieselfde karakters, effens jonger, nuwe dinamika,” som die reeks se medeskeppe­r Bill Lawrence dit op – wat ook die mediese komedie Scrubs (2001-2010) geskep het.

FLIEK TEENOOR TELEVISIE

Die eerste episode van die reeks het na aan die storie van die oorspronkl­ike fliek gebly, met ’n speurder van Hong-kong op die spoor van Chinese misdadiger­s, met ’n onaangenam­e, luidrugtig­e Los Angeles-speurder as sy spanmaat. Maar hierna gaan speurder Lee ligter en snaakser word. “Ek dink hulle groei om lief te word vir mekaar, want hulle is nie so verskillen­d nie. Hulle albei gee om vir hul familie. Hulle albei wil tot elke prys doen wat goed en reg is,” voeg Bill by. Die reeks betrek die familie in die openingsep­isode omdat speurder Lee die Chinese misdaadsin­dikaat se moord op sy suster (pleks van sy baas se dogter wat ontvoer is, soos in die fliek) ondersoek. Sy was ook ’n speurder. En Carter kry familie in die vorm van sy glibberige neef Gerald (Page Kennedy), ’n straatwyse geheime polisie-informant.

AKSIE-ONTPLOFFIN­G

Ons kan ook ’n meer atletiese TVweergawe van Carter verwag. “Ek het ’n eerstegraa­dse swart belt in karate en is ’n natuurlike atleet,” sê Justin. “Ek’s net 5 voet 6 duim (1,67m) lank; om kykers dus te laat glo ek kan slegte ouens aanvat, moet ek wys ek kan gatskop.” En Jon, wat al gevegkuns beoefen vandat hy agt is, sal ook nie terugstaan nie. “Dis van die gekste waagtoertj­ies en mal dinge wat ek al beleef het, van teen hyskrane ophardloop tot op jagte spring,” sê hy.

 ??  ?? Speurders Carter (links) en Lee put genot uit misdaad. Die flieks se Lee en Carter (Jackie Chan en Chris Tucker).
Speurders Carter (links) en Lee put genot uit misdaad. Die flieks se Lee en Carter (Jackie Chan en Chris Tucker).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa