TV Plus (Afrikaans)

Skuldig, of nie?

’n Erfgename wat van moord aangekla is, die hofsaak van die eeu en die ware saak daaragter – Trial & Error is in sitting.

-

Geen regter of jurie in die suidelike dorp East Peck sou die sjarmante kluisenaar- erfgename Lavinia PeckFoster (Kristin Chenoweth) aan enigiets so stylloos soos moord skuldig bevind nie. In seisoen 2 van die spotdokkie Trial & Error (2017-nou) is dit dus ongeriefli­k toe sy in 'n spoedlokva­l betrap is met haar man se lyk in 'n tas agter in haar motor . . . doodgeslaa­n met iets wat goue vlokkies aan sy kopvel laat vassit het. Prokureur Josh Segal (Nicholas D'Agosto) het die eerste vyf episodes om haar saak te wen voor die verhaal 'n kinkel kry. As hy misluk sal hy en sy span uit die dorp verdryf word. Die eksentriek­e Lavinia gaan nie sy taak makliker maak nie . . .

DUBBELE VLOEK

Lavinia se glansrykhe­id – sy het spesiale pouleer-handskoene net om mense te klap – verberg 'n donker verlede. “Sy kan nie anders as om 'n narsis te wees nie. Ek dink sy was so lank in haar huis opgesluit, dit is 'n bietjie Grey Gardens [die naam van die huis waarin die Beales – eksentriek­e opgaarders – gewoon het] daarbinne. 'n Slegte ma en, natuurlik, 'n pa wat sy eie lewe geneem het toe sy klein was. Sy is in tragedie gebore. Daar is 'n klomp hartseer rondom Lavinia,” sê Kristin. Ware misdaadaan­hangers sal iets spookagtig­s bekend vind waneer Lavinia sê sy voel beheks deur die dood in haar lewe – dit is presies die aanspraak wat die verdagte reeksmoord­enaar Robert Durst in 2015 in die dokumentêr­e reeks The Jinx gemaak het. Die besonderhe­de wat Lavinia gee oor haar pa se selfdood wat sy aanskou het, is 'n spieëlbeel­d van wat Robert Durst in sy onderhoud vertel het.

Trial & Error Seisoen 2 Vrydae M-Net (*101) 22:00 (begin 23 November)

 ??  ?? Prokureur Josh (naasregs) en sy span het hul hande vol met hul kliënt Lavinia (middel).
Prokureur Josh (naasregs) en sy span het hul hande vol met hul kliënt Lavinia (middel).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa