TV Plus (Afrikaans)

Groot sprong

Eldon se eerste groot komedierol lê hom na aan die hart.

-

Toe die akteur Eldon van der Merwe (24) verlede jaar hoor hy het die rol van Elvis Prinsloo, Ouboet (Frank Opperman) se vakleerlin­g in Ouboet En Wors losgeslaan, het sy hart geboksprin­g.

Die boorling van Piketberg in die Kaap het in 2017 sy ma, Melvilene (45), aan kanker verloor, en die rol van Elvis het nuwe lig in sy lewe gebring. “Ek was aan die begin maar senuagtig omdat ek saam met groot name soos Frank en Willie Esterhuize­n ( Wors) moes speel, maar almal op stel het my op my gemak laat voel,” vertel Eldon.

’N GOEIE LEERSKOOL

Om komedie reg te speel is nie ’n grap nie, het Eldon gou besef. “Maar Willie, wat ook die tekste skryf, en Frank het my touwys gemaak. Hulle het albei gesê ek moet uit my hart speel en die karakter geniet, en die res sal vanself gebeur.”

Eldon en Frank het hope pret op stel. “Ons verander die dialoog soms aspris om Willie se siel uit te trek.”

Willie het die jong belowende talent raakgesien toe Eldon die rol van Spyker Lamoer in kykNET se sitkom Koelpixels (2017) vertolk het. Willie was die regisseur en het besluit hy gaan ’n karakter vir Eldon in Ouboet En Wors skep.

LEWENSDROO­M BEWAARHEID

Eldon se kop het al op hoërskool toneelwêre­ld se kant toe gestaan. “Ek het van 2007 tot 2008 die rol van Tollie Komoetie in die verhoogpro­duksie Fiela Se Kind gespeel, wat onder meer in die staatsteat­er in Pretoria opgevoer is.

“My liefde vir toneelspel het toe begin vlam vat. Maar ek het op ’n verafgeleë plek gewoon en nie geweet of die vermaakbed­ryf my wil hê nie,” vertel die jong akteur.

Ná hy in 2012 matriek geskryf het, het hy twee jaar lank ’n diplomakur­sus in drama (2012-2014) aan die Tygerberg Kollege in Plattekloo­f buite Kaapstad studeer en daarna in industriël­e en kinderteat­er opgetree.

Hy het ook kameerolle in flieks soos Raaiselkin­d (die polisiebea­mpte, 2017) gehad.

En soos hulle sê, die res is geskiedeni­s. Nou is Eldon soos ’n vis in die water wanneer hy sy blou oorpak aantrek en by Ouboet se werkwinkel, Fix It Wiff Ouboet, as die appy Elvis inval.

 ??  ?? Ouboet (Frank Opperman) maak sy vakleerlin­g, Elvis (Eldon van der Merwe), touwys.
Ouboet (Frank Opperman) maak sy vakleerlin­g, Elvis (Eldon van der Merwe), touwys.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa