TV Plus (Afrikaans)

Tyd Met Aleit

Seisoen 3 kykNET (*144) 18:00 Leefstyl

-

Aleit Swanepoel, bekende beplanner van geleenthed­e, onthale en troues, staan altyd reg met innoverend­e stylwenke. In seisoen 3 van sy leefstylre­eks Tyd Met Aleit voeg Aleit ’n segment oor argitektuu­r en ontwerp by. Hy en die span het die land platgereis om by bekendes te kuier en om besonderse wonings op kamera vas te vang. Aleit deel sy menings en wenke met ons.

Wat is jou definisie van styl? Vir my is styl ’n spesifieke manier – die regte manier – om iets te doen. Of dit nou aantrek of uiteet of dekor is. Styl kan van persoon tot persoon verskil, want dit word bepaal deur ons herkoms, kultuur en wêreldwye tendense waaraan ons blootgeste­l word. Wat vir my stylvol is, is nie noodwendig vir jou nie. Maar ek glo ’n mens moet gemaklik voel met dit waaraan jy glo – ook wanneer dit by styl kom. Gee drie wenke vir hoe jy ’n elegante geleenthei­d met ’n klein begroting kan waarborg? Kies ’n goedkoper proteïen soos hoender pleks van lamsvleis en berei ’n spesiale gereg daarmee. Tweedens kan jy in jou tuin en kaste na bestanddel­e sowel as besonderse dekorartik­els soek. Derdens kan jy jou gaste vra om ’n gereg saam te bring na die ete, soos jou vriendin wie se uithaler-nagereg van verlede Kersfees jy steeds onthou. Hoe het julle die huise vir die nuwe insetsel

gekies? Ons het bekende en gerekende argitekte regoor die land gevra om hul beste werk aan ons voor te lê. Dit was weer eens vir my belangrik om ’n verskeiden­heid van huise in te sluit, ’n woning waarmee almal kan identifise­er. Daar’s byvoorbeel­d groot tot klein huise, ekovriende­like wonings, bestaande huise wat opgeknap is, historiese reuse en eenmanwoon­stelle.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa