TV Plus (Afrikaans)

Forensic Files

Seisoen 12 e.tv (*194) 18:00 Dokkie

-

“Behalwe as jy met misdadiger­s te doen het wat op heter daad betrap word, is forensiese wetenskap die enigste manier om kriminele sake op te los,” het Peter Thomas gesê voor hy in 2016 oorlede is. Hy was die verteller in die polisiedok­kiereeks Forensic Files (19962011) en al het die misdade 14 seisoene lank dieselfde gebly, het die tegnieke wat ingespan is om die oortreders te vang weens tegnologie­se vooruitgan­g verbeter. Om die reeks aanmekaar te sit was ook geen geringe prestasie nie.

Die produksies­pan was so deeg1 lik met hul navorsing, die VSA se department van justisie het die reeks gebruik om nuwe agente op te lei. Die seisoene se aantal episodes 2 verskil, want die kundiges was nie altyd beskikbaar nie (hulle het dikwels aan meer as een saak gelyktydig gewerk), of plaaslike wetstoepas­sers wou nie toegang gee tot die stories nie. Van die 400 halfuur lange episo3 des was daar net vyf wat dieselfde oortreder gehad het, wat volgens die verteller ’n “buitengewo­on hoë persentasi­e was”. Ná die netwerk TLC in 2000 die 4 regte aan Court TV verkoop het, het hulle ses uur lange spesiale programme gemaak en dit in 2001 onder Forensic Files se oorspronkl­ike titel, Medical Detectives, uitgesaai. Die reeks is, indien moontlik, in 5 die kundige se kantoor en laboratori­um geskiet. Hulle het ook ’n eie verstelbar­e laboratori­umstel gehad. Die manier waarop Forensic Files 6 sy misdaadher­voorstelli­ng verfilm het, was so gewild dit is deur die CSI-aksiereeks-franchise (2000-2016) oorgeneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa