TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

-

Weekdae kykNET (*144) 18:30 Sepie ’n Familielid se dood veroorsaak drama in die Du Plooy-huishoudin­g. Oom Willie (nie op skerm nie),

Chris (Marcel van Heerden) se oorlede ma se broer – dus sy oom – het onlangs gesterf. Die neefs Stefan en Tim (Gideon Lombard en Marco Spaumer) weet nie veel van die oom nie, maar is beïndruk met die erfstukke wat hy vir hulle nagelaat het. “Stefan kry ’n skildery en Tim ’n stel plate,” vertel Marco. “Maar albei neefs voel hulle moes eintlik die ander een se nalatenska­p geërf het.” Hulle kom ooreen om dit om te ruil, min wetende hoe waardevol die skildery is.

Bridgette (Denise Newman), Tim se baas se vrou, vra op Woensdag 21 November of sy die skildery deur haar kunshandel­aar kan laat evalueer, en tot Tim se verbasing is dit honderde duisende rande werd. Stefan is ook verbaas wanneer hy op Vrydag 23 November van die waardasie hoor en soek sy oorspronkl­ike erfstuk terug, maar Tim weier. “Tim meen Stefan het seggenskap oor die skildery verloor toe hy dit vir Tim se plate verruil het,” sê Marco. Dit maak Stefan op Maandag 26 November boos en die neefs sit op Dinsdag 27 November so vas in Oos-Wes, dit ontaard byna in ’n vuisgeveg.

 ??  ?? Marco (links) en Stefan.
Marco (links) en Stefan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa