TV Plus (Afrikaans)

Ete Vir Twee

-

Seisoen 2 Woensdae VIA (*147) 17:30 Leefstyl Dit is nie kinderspel­etjies om Kupido vir goeie vriende te speel nie. Maar as jy gasheer kan speel vir ’n toekomstig­e paartjie – en die regte ambiance tydens ’n romantiese ete kan skep – blom die liefde dalk net. In die tweede seisoen van Ete Vir Twee kry enkellopen­des weer die geleenthei­d om hul pasmaats deur goeie vriende te ontmoet. Dewet van Rooyen, mede-vervaardig­er, vertel meer.

Waarom is afspraak-reekse soos Ete Vir Twee so gewild? Die soeke na liefde is universeel en kykers identifise­er maklik met sulke kykstof. Almal ken daardie opwinding en ongemak van ’n heel eerste ontmoeting en afspraak. Wat maak Ete Vir Twee anders as soortgelyk­e reekse? Hierdie reeks is gewild omdat dit by die Kupido se huis en onder sy of haar toesig plaasvind. Die meeste standvasti­ge verhouding­s vat vlam deur middel van gemeenskap­like kennisse, en dit is presies wat ons met Ete Vir Twee probeer doen. Was daar al enige afsprake wat ’n totale fiasko of mislukking was? Ja, daar was een episode in die vorige seisoen waar die paartjie oor ’n onderwerp begin gesels het waaroor hulle geheel en al verskil. En die res van die aand was baie ongemaklik. En was daar al enige groot suksesverh­ale?

Ja, daar was reeds ’n paar afsprake waar die paartjies gekliek het en mekaar daarna weer gereeld gesien het. In hierdie seisoen (episode 5) het Kupido se pyltjies reg getref en die twee is nou nog saam. Hulle het sommer die eerste naweek ná hul ontmoeting ’n afspraak vir ’n potjie gholf gemaak.

 ??  ?? Mynhardt Kruger en Lisa Slabber leer mekaar beter ken (episode 2).
Mynhardt Kruger en Lisa Slabber leer mekaar beter ken (episode 2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa