TV Plus (Afrikaans)

Wilde-dokters

-

Seisoen 1 Donderdae VIA (*147) 17:00 Realiteit

Tydens opnames van Diere-dokters (2016-nou) is dié dierereeks se kameravrou Liesl- Carma aan die begin van 2018 gevra om aanbieder van Wildedokte­rs (2018-nou) te wees. “Ek dink dit was my kamoefleer­drag en my groen Jeep wat die ding gedoen het,” grap die voormalige ballet- en flamenkoda­nseres. “Ek het natuurlik ja gesê, want die natuur lê my na aan die hart.” Sy het jare gelede al haar dansskoene vir die veld verruil en deurkruis nou die land om wildveeart­se te besoek en kykers eerstehand­se insae te gee in wat hulle presies doen in die reeks van 13- episodes. “Dit is absoluut ongeloofli­k om te sien wat hulle vermag.”

Jy was ’n danser, so waar kom die belangstel­ling in die omgewing vandaan? As kind het ons familie baie plase besoek. Ek het my ma se ou kamera “gesteel” en portretstu­dies van elke dier op die plaas gemaak. Hoekom lê wildbesker­ming jou so na aan die hart? Ons het moeder natuur nodig! Sonder plante, diere, insekte, voëls, skoon lug en skoon water kan die mens nie oorleef nie. Alles is interafhan­klik. As een element ten gronde gaan, tuimel die hele kaboedel inmekaar. Was daar enige episode wat jou kriewelrig

gemaak het? In episode 4 (20 Desember) moes jagluiperd­s verskuif word. Terwyl die mediese en bewaringsp­anne besig was om die verdowings te doen, het een skielik wakker geword. Die ouens moes behoorlik spring om die groot kat in sy hok te kry. Een van die ouens het ’n paar lelike krapmerke opgedoen.

Is jy bang vir enige wilde diere? Moet nooit te gemaklik raak nie, al lyk die diere op die oog af onskadelik en kalm. Menige wildboer is al dood weens ’n “mak” njala- of buffelbul.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa