TV Plus (Afrikaans)

The Gifted

-

Seisoen 2 FOX (*125) 20:45 Sci-fi

Stephen Moyer is klaar met vampiersup­ermagte as Bill in die gruwelreek­s True Blood (2008-2014) maar sy rol as die voortvlugt­ige distriksaa­nklaer Reed in die sci-fi-reeks The Gifted (2017-nou) kom met net soveel waarskuwin­gstekens weens geheime mutantmagt­e. “Almal dink supermagte is fantasties. Wat as dit nie so is nie en dis aftakelend, donker en vernietige­nd?” vra die 49-jarige Brit. “Ons weet uit seisoen 1 wanneer sy kinders hul mag saam gebruik is dit ’n donker mag. Dit is in sy bloed.”

So jy weet eintlik self nie wat Reed se mag behels nie? Nee, glad nie. Maar wat ek wel weet is Reed se grootouers het donker magte gehad. Toe sy pa op Reed geopereer het, het hy juis probeer om van daardie donkerheid ontslae te raak. Seisoen 1 was ’n baie besige inleiding …

Hulle [die produksies­pan] was slim in hierdie seisoen. Pleks van almal wat ’n klomp goed kry om te doen en die kyker weens 12 storielyne nie kan konsentree­r nie, gaan jy nou op een of twee konsentree­r. Dit maak my opgewonde. So die toertjies vir Reed gaan meer gewaagd wees?

Daar is niks so opwindend soos toertjies nie! My vrou [ Anna Paquin, Sookie in True Blood] laat my CrossFit doen. Ek is reg [vir stampe en wonde] maar my karakter dalk nie. Sy werk het verander, van onderdrukk­er na beskermer en nou mutant. Hoe gaan hy dit hanteer? Aangesien hy altyd groot selfbeheer­sing in sy lewe toegepas het, was ek geïnteress­eerd om te weet wat as hy nie in beheer is nie?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa